Maties Sport bevorder nie net hoëprestasiesportkodes nie, maar ook ’n gesonde en aktiewe lewenstyl.
Albei hierdie elemente is by Saterdag se verwelkomingsfees vir eerstejaarstudente ten toon gestel.
Die doel van die dag was nie net om pret te hê en deel te neem aan speletjies soos borrelsokker en aksie-boogskiet nie, maar ook om kennis te maak en inligting in te win oor die 30 sportkodes wat Maties Sport aanbied.
Nuwelinge kon ook aandui dat hulle troue Matie-ondersteuners sal wees deur handafdrukke te maak en so deel te word van die Matie-erfenis.