Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bevorder Uitnemendheid: Die Dippenaar Familie Beurstrust
Outeur: Ontwikkeling en Alumni/ Development and Alumni
Gepubliseer: 26/01/2017



'n Familie beurstrust bou nie net 'n blywende ondersteuningsbasis nie, maar bou ook die land. Dit het Laurie en Estelle Dippenaar besef toe hulle die Dippenaar Familie Beurstrust tot stand gebring het. 

Die Dippenaars het die afgelope 20 jaar sowat 350 studente van die Universiteit Stellenbosch (US) op hul pad na sukses, deur hierdie familie beurstrust, gehelp. Die Dippenaar Familie Beurstrust ondersteun jaarliks tussen 15 tot 20 studente en stel hierdie studente in staat om op hul studies te fokus – sonder die stres dat hulle moontlik moet opskop weens 'n gebrek aan geldelike steun.  Die meeste van hul beursontvangers is eerstegenerasie universiteitstudente wat nie die finansiële hulpbronne tot hul beskikking het om hierdie groot stap te neem nie.

Een van hierdie studente, Siyabonga Ndlovu, het BComm Bestuurswetenskap studeer en wil graag ware korporatiewe sosiale waarde tot sy toekomstige loopbaan voeg.

Sonder die ondersteuning van die Dippenaar Familie Beurstrust sou sy droom van sosiale entrepeneurskap onbereikbaar wees.

"Wanneer 'n student weet dat hul studies ten volle gedek is, en dat daar geen gaping in befondsing of tekorte is waarvoor hulle self voorsiening moet maak nie, het hulle dikwels meer selfvertroue wat hulle aanspoor om te kan fokus op dit wat nodig is om die uitdagings van 'n moeilike akademiese jaar die hoof te bied," sê Arrie Hanekom, Hoof van US se Kantoor vir Beurse en Lenings.

Sou jy belangstel om 'n beursfonds te begin, hetsy met familie of vriende, skakel gerus vir Nicoline Coetzer by 021 808 9160 of e-pos: nicoline@sun.ac.za. Om 'n eenmalige bydrae te maak, klik hier