Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Top studente in mikroskopie
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 16/01/2017

Nagraadse studente in die Departement Fisiologiese Wetenskappe het met drie toekennings weggeloop tydens die mikroskopie-konferensie wat in Desember 2016 deur die Mikroskopie Vereniging van Suider-Afrika aangebied is.

MSc-student Jurgen Kriel het die Wirsam wetenskap-toekenning vir die beste studente-aanbieding in die lewenswetenskappe ontvang; Phd-student Dumisile Lumkwana het die Wirsam ligte mikroskopie-toekenning vir die beste aanbieding ontvang; en Yigael Powrie het weggeloop met die SA wetenskap-toekenning vir die beste aanbieding in konfokale mikroskopie vir sy MSc-navorsing.

Dr Ben Loos, die studente se studieleier en hoof van die neuro-navorsingsgroep in die departement, sê die studente moes almal innoverende mikroskopie tegnieke toepas om moeilike navorsingsvrae rondom Alzheimer siekte en seldood, asook breinkanker, te ontrafel.

“Dit is ’n wonderlike prestasie en erkenning vir die harde en uitstekende werk wat in hierdie navorsingsgroep gedoen word,” sê hy.

Op die foto's bo: 'n beeld van Dumisile Lumkwana se navorsing oor seldood en Alzheimer se siekte. Van links na regs,  Jurgen Kriel, Dumisile Lumkwana en Yigael Powrie.