Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IPB-student woon SASRI se nagraadse simposium by
Outeur: C van der Vyver
Gepubliseer: 14/12/2016

Me Malira Masoabi, 'n nagraadse student van die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB), is uitgenooi om die jaarlikse jaareinde-simposium van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASV, ook bekend as [YR<1] South African Sugar Association of SASA), gehou in Mount Edgecombe in KwaZulu-Natal, by te woon. Hierdie geleentheid bring al die nagraadse studente met 'n verbintenis aan die Suid-Afrikaanse Suiker-navorsinginstituut (SASNI, ook bekend as die South African Sugar Research Institute of SASRI) bymekaar om die vordering van hulle navorsingsprojekte met hulle eweknieë en ander rolspelers in die suikerbedryf te deel. Die IPB het 'n langtermynverbintenis met SASNI, wat navorsingsbefondsing van die suikerbedryf en samewerkingsnavorsingsprojekte tussen die twee institute tot gevolg het. Navorsing oor suikerriet wat by die IPB gedoen word, met befondsing van die SASV, fokus hoofsaaklik op koolhidraatmetabolisme om sukrose-vlakke te verhoog en op meganismes om droogteweerstand in hierdie gewas te verbeter.

Me Masoabi het haar werk in 'n mondelingse aanbieding getiteld "Toepassing van chemiese mutagenese en in vitro- osmotiese seleksie om droogteweerstand in suikerriet te verbeter", aangebied. Me Masoabi se aanbieding vorm ook deel van haar tesis, waarmee sy tydens die Desember-gradeplegtigheid van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe haar MSc verwerf het. Haar studieleiers vir hierdie tesis was drr Christell van der Vyver en James Lloyd. Me Masoabi het 'n weefselkultuur-gebaseerde seleksiesisteem ontwikkel wat suikerrietselle met verhoogde droogteweerstand, as gevolg van ewekansige mutasies wat in die selle se DNA ingebring is, kan identifiseer. Me Masoabi beplan om haar suikerrietnavorsing in 2017 voort te sit deur vir 'n PhD aan die IPB te registreer. Dr Sandy Snyman van SASNI sal medepromotor vir haar PhD wees.

Me Masoabi het saam met haar bywoning van die simposium ook SASNI se reënbeskutting-fasiliteite, wat sy dalk tydens haar PhD-studie gaan gebruik, besoek en verdere opleiding in suikerriet in vitro vermeerderingstegnieke ontvang. Hierdie tegnieke is deur die variëteitverbeteringsprogram (ook bekend as die Variety Improvement Programme) onder beheer van dr Snyman ontwikkel.

 Malira besoek SASRI.png