Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Carmell Pillay
Ontmoet Carmell Pillay: #MyTygerMaties60
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 09/12/2016

As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Carmell Pillay.

Carmell Pillay is ’n eerstejaar B Spraak-,Taal- en Gehoorterapie-student van Durban. 

Sy is die eerste kleinkind in haar familie om universiteit toe te gaan en dit was haar ouers wat haar aangespoor het om by die Universiteit Stellenbosch aansoek te doen. 

“Ek was aanvanklik skepties om hiereen te kom: Ek is Indies, ek het nie in Kaapstad grootgeword het nie en dit was ver van die huis af. Maar ek het die verandering omarm en het in die proses wonderlike mense ontmoet.” 

Sy sê kampuslewe is toe beter as wat sy dit voorgestel het en sy sien uit om deur die loop van haar kursus vaardighede te leer wat sy aan pasiënte kan oordra. “Ek wil mense toerus om hul struikelblokke te kan oorkom,” verduidelik sy.

“Een van die laaste lesse wat my oupa my geleer het, was om alles wat ek doen tot die beste van my vermoë te doen.” En dit is ’n boodskap wat sy ook aan ander wil oordra.

Vinnige vrae:
  • As jy ’n dier was, wat sou jy wees? “’n Uil. Hulle is kalm, wys en oplettend, maar reg om hul teiken aan te val wanneer dit nodig is.”
  • Watter boodskap sou jy op ’n advertensebord wou skryf? “Wees die persoon wat jy wil ontmoet.”
  • Waaraan het jy ’n kleintjie dood? “Stereotipering. Daar steek meer in mense as wat jy sien.”
  • Lewensleuse? “‘Ons grootste vrees is nie dat ons onbekwaam is nie, maar dat ons magtiger is as wat ons kan dink. Dit is ons lig, en nie ons donkerte nie, waarvoor ons die bangste is.’ Dié aanhaling van Nelson Mandela herinner my dat ons almal gebore is om te straal en dat ons die talente wat ons het moet gebruik, al is ons bang.”