Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Perfect Mavimbela
Ontmoet Perfect Mavimbela: #MyTygerMaties60
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 05/12/2016

As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Perfect Mavimbela.

Perfect Mavimbela glo in nuwe beginne. “Jou lewe is soos ’n rolprent: jy is die regisseur, jy kies die akteurs en jy kies die tonele. Dis nooit te laat om “Stop” te roep en van voor te begin nie.”

Mavimbela is ’n eerstejaar B Arbeidsterapie (AT) student van Nelspruit en glo ’n mens moet die meeste moet maak van elk van die 24 ure in ’n dag. “Almal het dieselfde hoeveelheid tyd, maar jy kies wat jy daarmee doen.”

Hy het besluit om AT te studeer omdat hy glo dis ’n goeie bymekaarkom-punt van die onderskeie gesondheidsberoepe.

Ná sy pa oorlede is toe hy agt jaar oud was, het sy ma hom en sy sussie alleen grootgemaak en moes sy telke finansiële hindernisse oorkom. “Ek het geleer dat hoe meer druk en pyn ’n mens ervaar, hoe meer groei jy. Ek is al deur baie, maar die pyn smee jou om sterker te wees.”

Hy het groot drome en hoop om eendag in volwasse neurologie te spesialiseer en die letters “PhD” agter sy naam te kan skryf.

“Ek is ambisieus en hardwerkend, maar my dade definieer my beter.”

Vinnige vrae:
  • Gunsteling TV-karakter? “Sheldon Cooper van Big Bang Theory. Hy is net té cool.”
  • Wat laat jou lag? “Suid-Afrikaanse komedie soos Thenjiwe Comedy,  Mark Angel Comedy en Kamsiime.”
  • Gunsteling kos? “My ma se bredie is die beste!”
  • Lewensleuse? “As dit nie nou is nie, wanneer dan? As dit nie jy is nie, wie?”
  • Wat is die doel van die lewe? “Om verandering mee te bring.”