Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nadoktorale genote verkies nuwe komitee vir 2017
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 24/11/2016

Die nuwe uitvoerende komitee van die Nadoktorale Genote Vereniging by Stellenbosch University vir 2017 is tydens die vereniging se sesde jaarlikse navorsingsimposium, wat op 27 Oktober 2016 by Lanzerac Wynlandgoed aangebied is, aangekondig.

Dr Romina Henriques, ’n nadoktoral genoot in die Departement Plant- en Dierkunde, is die nuwe voorsitter, met dr. Natasha Mothapo, ook van Plant- en Dierkunde, as ondervoorsitter.

Die ander nuutverkose lede is: Dr Anslyn John (sekretaris) en dr. Daniel Nickelsen (tesourier), beide nadoktorale genote by die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika (NITHeP), dr. Zarko Krkleljas, van die Departement Sportwetenskappe (funksiekoordineerder) en dr. Charl Swart, n nadoktorale genoot in politieke wetenskappe by the Sentrum vir Navorsing oor die Evaluering, Wetenskap en Tegnologie (CREST) as beleidskoordineerder.
Die uitgaande voorsitter, Dr Jacobus Diener, het tydens sy voordrag gesê die 2016 komitee het aansienlik gevorder in hul poging om meer formele beleidsriglyne en prosedures in plek te stel om die doelwitte van die US se program vir nadoktorale genote te definieer.

“In 2002 het die US slegs 43 postdoktorale genote geakkommodeer, en die meeste van hulle was afkomstig uit ander lande. Tans het die US 292 genote. Dit beteken die groep nadoktorale genote is reeds meer as ’n kwart van die bestaande onderrig- en navorsingspersoneel.”

Hy sê die hersiende beleid probeer om nadoktorale genote van ander nagraadse studente en akademiese personeel te onderskei.

Die gewysigde beleid word tans deur die Senaat oorweeg vir aanvaarding.

Dr. Henriques, die nuwe voorsitter, sê 2017 se groep nadoktorale genote gaan selfs meer wees as vanjaar: “Ons sien uit daarna om saam met die Afdeling: Navorsingsontwikkeling en prof. Eugene Cloete te werk om die gewysigde beleid in plek te kry en om te verseker dat die nadoktorale genote se ervaring by die US die beste moontlike is.”