Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vier Internasionalisering en Afrika-universiteite-dag
Outeur: Stellenbosch University International/ Stellenbosch Universiteit Internasionaal
Gepubliseer: 08/11/2016

​Trots gesetel in Afrika met ʼn globale reikwydte, het die Universiteit Stellenbosch (US) gister (7 November 2016) ʼn nuwe afdeling, Stellenbosch Universiteit Internasionaal (SUI), bekendgestel.

Met bykans 150 vennoot-universiteite in 44 lande op ses kontinente, het US ʼn betekenisvolle voetspoor die wêreld oor. Robert Kotze, Senior Direkteur: Sellenbosch Universiteit Internasionaal, staan aan hoof van die nuwe SUI, wat deel is van die nuutaangestelde Viserektor: Strategiese Inisiatiewe en Internasionalisering, prof Hester Klopper se verantwoordelikheidsentrum. Die SUI hoop om voortaan hierdie internasionaliserings-projekte uit te brei. Die SUI het tot onlangs deel gevorm van die Nagraadse en Internasionale Kantoor.

By die bekendstellingsgeleentheid het Klopper verduidelik dat internasionale vennootskappe en -projekte belangrik is vir enige hoëronderwysinstelling om fakulteite, personeel, studente en kennis te kan diversifiseer en ʼn instelling se internasionale profiel te kan verryk.

"Internasionalisering is die dryfkrag van verandering en innovasie wat in die 21ste eeu broodnodig is."

Die bekendstellingsgeleentheid het saamgeval met die afdeling se viering van Afrika-universiteite-dag wat jaarliks op 12 November deur die Vereniging van Afrika-universiteite aangebied.

Drr Rhoda Kadalie, Uitvoerende Hoof van Impumelelo Innovations Centre, en Morné Mostert, Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing, was gassprekers by ʼn seminaar by die geleentheid.

Kadalie se toespraak oor 'Gemeenskappe van Goeie Praktyk', het gefokus op die vele suksesvolle projekte waarby Impumelelo betrokke is. Sy het verduidelik hoe vennootskappe met die private sektor dikwels die nodige oplossings bied vir probleme in onderrig en opleiding, landelike gesondheidsorg, landelike behuising en vaardigheidsontwikkeling.

"Die private sektor het dikwels baie innoverende oplossings," het sy gesê.

Mostert het ʼn filosofiese aanslag op sy toespraak 'Die denke van 'n Afrika strateeg' gehad deur te vra of dit moontlik is om na Afrika (en die Universiteit Stellenbosch) te kyk soos nog nooit tevore nie.

Hy sê om ʼn 'nuwe Afrika universiteit' te kan word, pak die US ʼn Afrika-tog aan.

"Die US het die unieke geleentheid om ʼn bydrae tot die gemeenskap te maak."

Foto: Prof Hester Klopper. Fotograaf: Anton Jordaan