Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Professor in Opvoedkundige Sielkunde ontvang onderrigtoekenning
Outeur: Pia Nänny
Gepubliseer: 25/10/2016

Prof Ronelle Carolissen, medeprofessor in the Departement Opvoedkundige Sielkunde by die Universiteit Stellenbosch, is onlangs deur die Nasionale Sielkundevereniging van Suid-Afrika vereer.

Die vereniging het 'n toekenning vir uitnemendheid in studente-onderrig aan Carolissen, wie se termyn as Visedekaan: Leer en Onderrig in Januarie 2017 sal begin, oorhandig by hul algemene jaarvergadering in September.

Hierdie prys word toegeken aan individue wat uitblink in terme van onderrig en studenteprestasies. Indienings vir hierdie toekenning sluit in bewyse van: moduleraamwerke, studente-evaluerings, ten minste twee ondersteuningsbriewe deur studente en enige toekennings of prestasies deur studente wat deur die dosent beïnvloed is.

"Ek is verheug oor hierdie toekenning aangesien dit my bydraes tot onderrig, leer en navorsing oor die afgelope 14 jaar vereer," het prof Carolissen gesê.

"Dit gee ook erkenning aan my kernuitgangspunt dat navorsing en onderrig en leer nie onverenigbaar is nie, maar dat hulle mekaar fundamenteel aanvul. Ek het hierdie uitgangspunt gekonkretiseer terwyl ek gemeenskapsielkunde, my kernveld van kundigheid, by die US onderrig.

"Een van my gunstelingaanhalings hou verband met die kultivering van 'n etiese verantwoordelikheid onder my studente wat studeer om sielkundiges en onderwysers te word. Dit fokus op sosiale geregtigheid in vandag se wêreld en is aangepas van Boler (1999): "Community psychology is a field that has the potential to call us to bear witness; not to develop 'passive empathy' but to examine our ethical responsibilities and action through self-reflection."