Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Babette Rabie - Ontvang die Topdosent Toekenning in die Skool vir Publieke Leierskap.
Outeur: *
Gepubliseer: 14/10/2016

Dr Babette Rabie - Ontvang die Topdosent Toekenning in die Skool vir Publieke Leierskap.

Die 2016 top dosent kompetisie van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat geborg word deur Die Burger.

Prof Sarel Steel het weggestap met die 2016 topdosent toekening van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Die aankondiging is gemaak verlede Vrydagaand by 'n gesogte funksie by Knorhoek-wynlandgoed.

Prof Edwin Theron is die naaswenner en Roelof Baard het die derde plek beklee by die sesde jaarlikse kompetisie van sy soort.

Wat die kompetisie vanjaar onderskei, is dat elke departement sy eie topdosent genomineer het.

Hulle is: Prof Edwin Theron (Departement Ondernemingsbestuur), Dr Debra Shepherd (Departement Ekonomie), Prof Callie Theorn (Departement Bedryfsielkunde), Prof Sarel Steel (Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap), Dr Babette Rabie (Skool vir Publieke Leierskap), Roelof Baard (Skool vir Rekeningkunde), Heinri Freiboth (Departement Logistiek) en prof André Roux (USB Besigheids Skool).

Die Skool vir Publieke Leierskap wil graag vir Dr Babette Rabie gelukwens met haar toekenning as topdosent in die Skool vir Publieke Leierskap vir 2016.

Uittreksel hieronder uit Die Burger

Topdosent.pdf