Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verkiesing van US Raadslid vir die termyn 4 November 2016 tot 1 April 2020
Outeur: Registrateur / Registrar
Gepubliseer: 30/09/2016

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch is in die pers in kennis gestel dat 'n vakature ontstaan het as gevolg van die bedanking van adv JC (Jan) Heunis, wat deur die Konvokasie vir die termyn 02 April 2016 tot 01 April 2020, tot lid van die Universiteitsraad verkies was.

Lede van die Konvokasie is versoek om nominasies vir die vulling van die vakature voor te lê. Aangesien daar meer as een (1) kandidaat genomineer is, word daar 'n verkiesing gehou. U  VERTROULIKE STEMBRIEF moet die Registrateur voor 12:00 op Donderdag, 03 November 2016 bereik. Verifikasie van die geldigheid van stembriewe sal gedoen word.

VERKIESINGSREëLS

  1. U mag vir hoogstens een (1) kandidaat stem. Merk die blokkie langs die naam van die kandidaat vir wie u stem, en voltooi die stembrief. Geen ander verandering op die stembrief is toelaatbaar nie.

  2. Niemand mag meer as een keer stem nie en u moet die VERTROULIKE STEMBRIEF volledig voltooi.

  3. Niemand mag namens iemand anders stem of op iemand anders se stembrief stem nie.

  4. Deur die voltooiing van hierdie stembrief neem die betrokke persoon persoonlik verantwoordelikheid daarvoor dat die verkiesingsreëls soos hierbo uiteengesit, nagekom is. Die oortreding van bogenoemde reëls is bedrog en is 'n kriminele oortreding. In alle gevalle waar bedrog vermoed word, sal dit ondersoek word en dit kan tot strafregtelike vervolging lei.

  5. Let asseblief daarop:  BEIDE u US-nommer (wat bo-aan die Registrateur se e-pos verskyn), sowel as u ID nommer moet gebruik word om te stem.

  6. Skakel gerus die Alumni Kantoor by 021 808 2709 of 021 808 2710 indien probleme ondervind word om te stem of indien 'n VERTROULIKE  STEMBRIEF  in  drukformaat verlang word.

STEMWYSES:

U kan op een van die volgende 5 wyses stem – die sluitingsdatum vir stemme op welke wyse u verkies om te stem, is Donderdag, 03 November 2016 om 12:00.

  1. Elektronies by www.sun.ac.za waar 'n CV, visie en foto van elke kandidaat beskikbaar is.

  2.  Die voltooide stembrief te faks aan: 086 606 7946.

  3. Die voltooide stembrief te skandeer en te epos aan konvokasie@sun.ac.za.

  4. Die voltooide stembrief te adresseer en in 'n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF, aan Mnr Johann Aspeling, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland 7602, te pos.

  5. Die voltooide stembrief per hand in 'n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF, by mnr Johann Aspeling, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Kamer A 3016, Admin A, Ryneveldstraat, Stellenbosch af te gee.