Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Drie US-navorsers wen gesogte beurse om nagraadse studie voort te sit
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 30/09/2016

Drie Universiteit Stellenbosch-navorsers is Woensdag (29 September) met L'Oréal-UNESCO Regional Fellowships For Women in Science (FWIS) in Sub-Saharan Africa-toekennings vereer. 

Die seremonie is by The Venue Greenpark in Johannesburg gehou. Raquel Garcia, Penelope Dobrowsky en Bibi Nafiisah Chotun het elk tussen 5 000 en 10 000 euros ontvang om hul navorsingsprojekte voort te sit.

Dr Raquel Garcia, van die Sentrum vir Indringerbiologie, se projek is getiteld 'Effects of plant invasions on native ectotherms under a warming climate'.

7K3A9316.JPG"Ek voel geëerd om aan te sluit by die lys van ongelooflike vrouens wie die L'Oréal-UNESCO for Women in Science-beurs gewen het," sê Garcia. "Die genootskap sal my toelaat om die veldnavorsingskomponent van my navorsing uit te brei, wat te doen het met die effek van klimaatsverandering en uitheemse plante op inheemse reptiele. Saam met prof Susana Clusella-Trullas, sal ek die skilpaaie bestudeer om hul patrone van aktiwiteite en  termo-reguleringsgedrag te vergelyk in areas van ongerepte plantegroei en in areas wat indringerplante bevat."

Dobrowsky se projek is getiteld 'Legionella Species Persistence Mechanisms in Treated Harvested Rainwater', en Chotun s'n 'Hepatitis B virus-related liver cancer in South Africa: Investigations into the risk profile of a previously unscreened population from the Western Cape, South Africa'.

"Ons veranderende wêreld het nog nooit vrouens en hul ontdekkings méér nodig gehad nie. Met die For Women in Science program is die L'Oréal-stigting toegewyd daartoe om vrouens in die wetenskappe wie die wêreld gaan verander te promoveer. Ons is verbind daartoe om vir wetenskap te veg en om 'n meer pragtige wêreld saam te bou," sê Sandeep Ria, uitvoerende direkteur vir L'Oreal Suid-Afrika.  

7K3A9300.JPG

"Die L'Oréal-stigting het die For Women in Science-vennootskap met UNESCO in 1998 begin. Die jaar is aansoeke van 26 lande ontvang, wat bewys dat daar toenemende bewustheid is van die program en ons verbintenis om vrouens in STEM-velde (Oftewel Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde) te bevorder. Veertien vroue-wetenskaplikes reg oor sub-Sahara Afrika was geëer vir hul werk en impak op die wetenskaplike veld."

Die doel van die Streeks-genootskappe is om ondersteuning te bied aan jong vrouens wie beroepe in die wetenskappe nastreef in vele lande deur die wêreld waar L'Oréal nie 'n filiaal het nie. Die genootskapsprogram in sub-Sahara Afrika dek 49 lande.



LOREAL PIC GROUP.png