Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM Toets 8m Torings
Outeur: Riaan Combrinck
Gepubliseer: 27/09/2016

Die UCM is genader deur Peri Formwork Scaffolding Engineering (Pty) Ltd, rakende toetse op volskaalse 8m hoë torings. Die torings word gebruik tydens die konstruksie van, byvoorbeeld ʼn brugdek, en kan tydelike ondersteuning bied tot op tipiese hoogstes van net meer as 8 meter.

Die groot uitdaging met die toetse was hoogte, aangesien die bopunt van die toetsopstelling hoër was as die hyskraan in die laboratorium en dus minder as twee meter van die plafon af. Nadat die toring opgerig is, is ʼn druk krag op die toring toegepas deur ʼn staalstang van onder in die kelder verdieping van die laboratorium te trek. Die bopunt van die staal stang was verbind aan ʼn balk opstelling aan die bokant van die toring wat die krag eweredig in die vier bene van die toring oorgedra het.

Daar is ook toetse uitgevoer op torings met laer hoogtes. Verder is alle torings getoets tot by faling, wat tipies in die omgewing van 300 kN of te wel 30 ton was.