Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ontbytbesprekings reeks
Outeur: SGGF
Gepubliseer: 23/09/2016

​Sluit by ons aan vir die derde in 'n reeks ontbytbesprekings wat deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) aangebied word, met die steun van die Konrad Adenauer-stigting (KAS).

ONDERWERP: "Die Meet van Versoening en Herstel in Suid-Afrika"

DOELWIT: Die ontwikkeling en versterking van grondwetlike demokrasie en die handhawing van dialoog oor goeie bestuur op nasionale vlak in Suid-Afrika deur 'n reeks strategiese en tersaaklike gesprekke wat verband hou met opvoeding oor bestuur.

SPREKERS: Mnr Kevin Chaplin, Besturende Direkteur van die Suid-Afrikaanse Ubuntu Stigting en die Amy Biehl Stigting, en ds Henry Matthys, Voorsitter van Freedom Park Wes-Kaap.

DATUM: Woensdag, 5 Oktober 2016

TYD: 07h00 vir 07h30 tot 09h00

PLEK: Townhouse-hotel, Kaapstad

RSVP: Aanlyn registrasie via www.cfcr.org.za/index.php/contact-us/event-registration 

KOSTE: Gratis (parkering vir eie rekening)

Beperkte sitplekke beskikbaar.

Bywoning is onderhewig aan bevestiging van registrasie voor die geleentheid