Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verklaring: Mediaboodskappe oor rassistiese opmerking
Outeur: Faculty of Engineering/Fakulteit Ingenieurswese
Gepubliseer: 21/09/2016

​Die Universiteit van Stellenbosch en die Fakulteit Ingenieurswese het kennis geneem van sosiale media boodskappe van ʼn rassistiese opmerking deur ʼn student. Die saak is reeds na die Universiteit se Eenheid vir Gelykwaardigheid verwys om onmiddellik ondersoek te word en sal met die nodige erns wat dit vereis, hanteer word. Rassistiese taalgebruik is onaanvaarbaar nie net kragtens die Universiteit se Dissiplinêre Kode vir Studente nie, maar ook wat betref die Grondwet van Suid-Afrika.