Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM Gasheer vir JENGA Projek Vergadering
Outeur: Wibke de Villiers
Gepubliseer: 25/08/2016

Die UCM (Eenheid vir Konstruksiemateriale), in die Siviele Ingenieurswese Departement van Universiteit Stellenbosch, was onlangs gasheer vir die vyfde JENGA projek vergadering. JENGA (Joint development of courses for ENerGy-efficient and sustainable housing in Africa) is 'n samewerking tussen verskeie universiteite en word gefinansier deur die Europese Kommissie en geïmplementeer deur die ACP sekretariaat binne die ACP-EU-program, Edulink II. SU se vennote in hierdie projek is die VN se Habitat Energy Unit, Augsburg University of Applied Science (AUAS), University of Rwanda (RU), Uganda Martyrs University (UMU), Jomo Kenyatta University of Agriculture and Techhnology (JKUAT) en die American University in Cairo (AUC).

UCM personeel is sedert die begin, in Oktober 2013, by hierdie projek betrokke, en lewer bydrae in die kennisareas van volhoubare boumateriale en konstruksiemetodes, die evalueering van JKUAT, RU en UMU se materiaal laboratoriums, om die bydrae te verbeter wat hierdie fasiliteite kan maak in die ontwerp-bou onderrig metodes, asook die uitvoering van omgewingsimpak lewensiklus ontleding op die proto-tipe geboue wat deur die Oos-Afrikaanse vennote opgerig is.

Die laaste byeenkoms van die projek is die Sustainable Futures Conference – Architecture and Construction in the Global South, wat by die VN se hoofkwartier in Nairobi, Kenia, van 30 Augustus tot September 2, 2016 gehou sal word. Die uitkomstes van die Jenga vennootskap word ook later die jaar gepubliseer in die vorm van 'n onderrig handleiding vir ontwerp-bou, toegepas op energie-effektiewe en volhoubare behuising.

Vergadering bywoners op die foto is (van links na regs): Ahmed Abouzeid (AUC), Astrid Weisel (AUAS), Prof Susanne Gampher (AUAS), Peter Mbewe (SU), Dr Mark Olweny (UMU) en Dr Stephen Diang'a (JKUAT). Ook aanwesig by die vergadering was Wibke de Villiers (SU), Michelle Stadelmann (RU), Stefan Unge (AUAS), Michael Sedlemeier (AUAS), Achilles Ahimbisibwe (UMU) en Martin Mbidhi (JKUAT).