Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Statebond Bosbouers ontmoet in Stellenbosch
Outeur: Cori Ham
Gepubliseer: 15/08/2016

​Ted Wilson, Opleidingsbestuurder van Royal Forestry Society het op 4 Augustus 2016, tydens sy somervakansie in Suid-Afrika, 'n besoek gebring aan die Departement van Bosbou en Houtkunde.  Die primêre doel van die besoek was om Bosbou-onderwys in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika te bespreek en om moontlike areas vir toekomstige samerwerking te identifiseer. Soos in die Verenigde Koninkryk, word bosboustudente op Stellenbosch ten sterkste aangemoedig om praktiese ondervinding op te doen om hul formele akademiese studies en opleiding te ondersteun. Verskeie studente het in die afgelope jaar suksesvolle plasings en internskappe buite Suid-Afrika gehad het en daar word gehoop dat RFS kan help om geleenthede in die Verenigde Koninkryk en Europa te bevorder as deel van die Future Foresters program. Die besoek het dit moontlik gemaak om verdere strategiese werk in Bosbou-onderwys en moontlike samewerking in die toekoms te bevorder.

In die foto van links na regs: Cori Ham and Pierre Ackerman van die Departement van Bosbou- en Houtkunde, Ted Wilson (RFS Opleidingsbestuurder) and Reino Pulkki (Lakehead Universiteit, Kanada).