Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beyers Naudé: “The Thug life of an Afrikaner dominee”
Outeur: Marita Snyman
Gepubliseer: 22/07/2016

Die Beyers Naudé Argief het heelwat goeie protes-kunswerke in veral die Pro Veritate versameling en die Belydende Kring se teologiese kommentaar op sosiale kwessies van die dag. Botha het van die kunswerke in sy powerpoint-aanbieding gebruik om uit te wys dat van die kwessies waarvoor Beyers Naudé gestaan het, steeds vandag kwessies is wat die Suid-Afrikaanse samelewing verdeeld hou.

Van die kwessies wat aangeraak is, is rekonsiliasie, trekarbeid, ekonomiese ongeregtigheid en rassesegregasie - kwessies wat vandag steeds prominent is in die samelewing, veral in Stellenbosch. Die idee was om die gehoor krities te laat dink oor die samelewing waarin elkeen leef en help onderhou. Beyers Naudé se boodskap is dat daar eerstens ʼn bewustheid van die heersende ongeregtigheid moet ontstaan. Tweedens dat elkeen eers as individu en daarna as gemeenskap saam verantwoordelikheid moet neem vir die toekoms van ʼn nie-rassige, meer gelyke en vrye demokrasie waar almal se waardigheid erken word, nie net deur die grondwet nie, maar ook deur die persone en instansies wat in die land bestaan.

Botha het vertel dat dit vir hom beide ʼn groot uitdaging en ʼn voorreg was om van voor af weer toe te laat dat Beyers Naudé se woorde aan hom skaaf as ʼn Christen in die NG Kerk.