Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Honderde internasionale studente begin nuwe semester by US
Outeur: Amanda Tongha
Gepubliseer: 13/07/2016
Hy het dubbele burgerskap van Marokko en Frankryk en studeer in Nederland.  Reda Berrada wat al na Mexiko en Brasilië gereis het is iemand wat al die wêreld gesien het. Vir die volgende ses maande maak die Franse student hom tuis in die Kaapse Wynland.  Hy is een van sowat 400 internasionale studente wat by Universiteit Stellenbosch (US) in die tweede semester begin studeer.

Die studente van lande soos Duitsland, Hong Kong, Pole, Colombia, Tsjeggiese Republiek, Ethiopië, China, Duitsland, België, Zambië, Switserland, Australië, Guinee en die VSA is die tweede groep internasionale studente wat hierdie jaar vir voltydse en kort-termyn programme by die US inskryf.

Die studente wat nuut by die US is het 'n weeklange verwelkoming- en oriënteringsprogram bygewoon wat deur die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) aangebied is. Dit is van 11 -16 Julie gehou en personeel van die NGIK het inligting gegee oor wat om as 'n Matie student te verwag.

Reda en sy mede internasionale studente is deur Robert Kotze, Senior Direkteur van die NGIK by die US verwelkom. In 'n stampvol saal in die Wilcocks-gebou het hy inligting oor die Universiteit en dorp gegee.

"Julle is by een van die top universiteite in Suid-Afrika " het hy die diverse groep studente meegedeel en die Universiteit se prestasies uitgelig. Hy het aan hulle vertel dat die US op akademiese en sport terrein  uitblink en ook aktief betrokke is in die gemeenskap. Hy het studente aangemoedig om aan aktiwiteite op – en weg van kampus deel te neem en gesê hulle moet uitreik na plaaslike studente. "Raak betrokke en word deel van die universiteit. Neem die ritme en reuke van Afrika in."

Dit is raad wat Reda en sy mede internasionale studente gevolg het voor hulle na Suid-Afrika gekom het.

Reda, 'n meestersgraad aan die Universiteit van Maastricht in Nederland, sê hy sien uit om by die US te studeer en om meer  oor internasionale reg te leer. Die student wat op private militêre en sekuriteitsmaatskappye in sy studies fokus, sê daar is hope geleenthede om navorsing  in sy studieveld te doen. "Ek wil ook graag op avonture en staptoere gaan."

Hannah Baur, 'n Duitse burger, is ook vir 'n semester by die US en sê sy sien uit om nuwe mense te ontmoet. Die student van die Universiteit van Konstanz sê 'n vriend van haar het verlede semester hier studeer en 'n goeie tyd gehad . Dis dan ook  hoekom sy besluit het om SU toe te kom.

Kadiatou Bah, 'n meestersgraad-student van Guinee het ook die verwelkomingsprogram bygewoon. Sy is een van 'n paar van internasionale studente wat vir voltydse studies ingeskryf is.  Die student van Gamal Abdel Nasser Universiteit van Conakry spesialiseer in agronomie en sê die US is die beste universiteit vir haar graad. "Ek wil die beste in agronomie wees en 'n suksesvolle loopbaan in landbou hê."

​• Die US het meer as 4000 internasionale studente,  afkomstig  van meer as 100 lande. 

Foto: Anton Jordaan