Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Personeelgesprekke oor verkragtingskultuur
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 07/06/2016

Vroeër vanjaar het die Rektor se Bestuurspan 'n taakspan aangewys om ʼn verkragtingskultuur by Universiteit Stellenbosch te ondersoek.

Die Taakspan op Verkragtingskultuur, gelei deur dr Birgit Schreiber, Senior-Direkteur: Studentesake, het vir die eerste keer in Maart vanjaar vergader om die omvang van hierdie uitdaging by die Universiteit vas te stel.  Tydens die eerste vergaderings is praktyke geïdentifiseer wat ʼn verkragtingskultuur versterk en idees bespreek oor hoe om dié praktyke uit te roei.

Om soveel moontlik inligting, terugvoering en idees te kry, nooi die Taakspan US-personeel uit na 'n gesprek oor verkragtingskultuur.

 By die gesprek sal die lede van die Taakspan hulself bekendstel en hul verstaan van die taak, die terminologie wat gebruik word, sowel as gedagtes oor die pad vorentoe, deel.

"Die doel van die gesprek is om na personeelstemme te luister en soveel as moontlik aanbevelings en idees van die personeelkorps te verkry," sê dr Schreiber.

​Datum: Donderdag 9 Junie

Tyd: 13:00-14:00

Plek: Kamer 227, Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou, Stellenbosch-kampus