Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
‘Besigheid is ’n oefening in gesonde verstand’
Outeur: Heindrich Wyngaard & Amber Kriel
Gepubliseer: 24/05/2016

Die stigter van Mantelli’s biskuitjies, Simon Mantell, het verlede Vrydag ’n Leader’s Angle-aanbieding oor die onderwerp “Turning obstacles into opportunities” by die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) gehou. Hy glo “besigheid is ‘n oefening in gesonde verstand”. 

Hier is ʼn paar hoogtepunte uit Simon Mantell se Leader's Angle-aanbieding verlede Vrydag (20 Mei) by die USB. Hy het gepraat oor die onderwerp  "Turning obstacles into opportunities". Hierdie hoogtepunte is saamgestel deur Heindrich Wyngaard en Amber Kriel van die USB se media-span.

Om struikelblokke in geleenthede te verander:

Die lewe en besigheid bied ons die keuse om óf ʼn hindernishoed óf ó geleentheidshoed te dra. Uit byna al hierdie struikelblokke kom geleenthede wat optimisme en hoop gee - twee virale karaktertrekke.

Oor die skep en ontwikkeling van markte:

Entrepreneurskap is ʼn "buzz-woord" wat te veel gebruik word. Besigheid is ʼn oefening in gesonde verstand. Dit gaan oor die implementering van stelsels en kontroles en dit verg oefening.

Of jy nou ʼn sake-eienaar, ʼn direkteur, ʼn middelvlak-bestuurder of ʼn werknemer op die winkelvloer is, glo ek sterk dat dit moontlik is, met oefening, om in staat te wees om:

• Geleenthede te identifiseer;

• Geleenthede te ontwikel; en

• Wins uit die geleenthede te kry.

Oor hoe om werkskepping en die oordra van vaardighede te bevorder:

Dit is die tydbom wat ons vandag in Suid-Afrika in die gesig staar. Onderwys gaan agteruit. Ons het oormatige skoolverlaters wat nie in staat is om in werksposisies aangestel te word nie.

As jy nog nie in blou-kraag werkers aangestel het nie, sal jy nie verstaan waardeur hulle op ʼn daaglikse basis gaan nie. Ek het personeel wat vier uur in die oggend opstaan om te gaan werk en dan is die taxi's laat en dan skiet die taxibestuurders of eienaars soms op mekaar. As gevolg hiervan is afwesigheid ʼn probleem.

Vir wit-kraag werkers is daar hierdie verskriklike vier letter woord wat "werk" genoem word. Hulle wil ʼn werk hê, maar ongelukkig met werk kom hierdie verskriklike newe-effek wat "werk" is. Daar is onrealistiese verwagtinge van mense met tersiêre opleiding en hulle voel die wêreld skuld hulle iets.

Die indiensneming van mense is nie ʼn maklike taak nie. Maar hier is die geleentheid: As daar ʼn nul werkloosheidsyfer was, sou ons niemand in diens kon neem nie.