Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verkiesing van US raadslid vir die termyn 22 Junie 2016 tot 01 April 2018
Outeur: Johann Aspeling
Gepubliseer: 20/05/2016

​KENNISGEWING AAN LEDE VAN DIE KONVOKASIE VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Verkiesing van US Raadslid vir die termyn 22 Junie 2016 tot 01 April 2018

 

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch is in die pers in kennis gestel dat 'n vakature ontstaan het as gevolg van die bedanking van dr GC (George) du Toit, wat deur die Konvokasie vir die termyn 02 April 2014 tot 01 April 2018, tot lid van die Universiteitsraad verkies was.

Lede van die Konvokasie is versoek om nominasies vir die vulling van die vakature voor te lê. Aangesien daar meer as een (1) kandidaat genomineer is, word daar 'n verkiesing gehou. U  VERTROULIKE STEMBRIEF moet die Registrateur voor 12:00 op Dinsdag, 21 Junie 2016 bereik. Verifikasie van die geldigheid van stembriewe sal gedoen word.


U kan onderaan hierdie bladsy elektronies stem. 


VERKIESINGSREëLS

  1. U mag vir hoogstens een (1) kandidaat stem. Merk die blokkie(s) langs die naam van die kandidaat vir wie u stem, en voltooi die stembrief. Geen ander verandering op die stembrief is toelaatbaar nie.
  2. Niemand mag meer as een keer stem nie en u moet die VERTROULIKE STEMBRIEF volledig voltooi.
  3. Niemand mag namens iemand anders stem of op iemand anders se stembrief stem nie.
  4. Deur die voltooiing van hierdie stembrief neem die betrokke persoon persoonlik verantwoordelikheid daarvoor dat die verkiesingsreëls soos hierbo uiteengesit, nagekom is. Die oortreding van bogenoemde reëls is bedrog en is 'n kriminele oortreding. In alle gevalle waar bedrog vermoed word, sal dit ondersoek word en dit kan tot strafregtelike vervolging lei.
  5. Let asseblief daarop:  BEIDE u US-nommer (wat bo-aan die Registrateur se e-pos verskyn), sowel as u ID nommer moet gebruik word om te stem.
  6. Skakel gerus die Alumni Kantoor by 021 808 2709 of 021 808 2710 indien probleme ondervind word om te stem of indien 'n VERTROULIKE  STEMBRIEF  in  drukformaat verlang word. 
 

STEMWYSES

U kan op een van die volgende 5 wyses stem – die sluitingsdatum vir stemme op welke wyse u verkies om te stem, is Dinsdag, 21 Junie 2016 om 12:00

  1.  Elektronies hie​r onder
  2. Die voltooide stembrief te faks aan: 086 606 7946
  3. Die voltooide stembrief te skandeer en te epos aan konvokasie@sun.ac.za
  4. Die voltooide stembrief te adresseer en in 'n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF, aan:
    Mnr Johann Aspeling, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland 7602, te pos
  1. Die voltooide stembrief per hand in 'n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF, by:
    Mnr Johann Aspeling, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Kamer A 3016, Admin A, Ryneveldstraat, Stellenbosch af te gee


KANDIDATE

Die volgende kandidate is behoorlik genomineer:


Mnr JS (Job) Amupanda:

CV - Visedekaan aan Universiteit van Namibie en magister gradiandie aan US.  'n Hoogtepunt in my akademiese en intelektuelle lewe.

Visiestelling - Twee dinge het uitgestaan; (1) US se internasionaliserings agenda, (2) transformasie pogings. My ervaring en kennis as raadslid sal 'n groot bydrae lewer in beide monumentale gebiede. Ons kan dit bereik!

 

Prof J (Joan) Hambidge:

CV - Joan Hambidge 'n professor in die Skool vir Tale aan die UK en 'n openbare intellektueel.

Visiestelling - Die beskerming van Afrikaans as wetenskapstaal met Engels, wat 'n gelyke status binne 'n parallelle medium-onderrig moet beklee. Die uitrangering van Afrikaans sal 'n negatiewe impak hê op álle tale.

 

Prof TT (Tito) Mboweni:

CV – 8ste President van SA Reserwebank, Minister van Arbeid (1994 -1998), Arbeidswetgewing baanbreker, raadslid van genoteerde maatskappye en ander instellings en ereprofessor aan die US en Wits. 

Visiestelling - Maties moet erken word as inklusiewe sentrum van uitnemendheid, terwyl ons realisties en visioenêr bly in die handhawing van hoë akademiese standaarde.

 

Dr CJ (Corinne) Oosthuizen:

CV - MA (Kliniese Sielkunde) (US) cum laude, D Litt et Phil (Sielkunde) (SA)

Visiestelling - US moet ondersteun word in: die uitbou van akademiese uitnemendheid; die konstruktiewe handhawing van Afrikaans; die soek na oplossings vir finansieringskwessies; alles in 'n konteks waar diversiteit en transformasie vra vir oop, verdraagsame diskoers.

 

Mnr CG (Christian) van Schalkwyk:

CV - Alumnus, professioneel gekwalifiseer as prokureur en geoktrooieerde rekenmeester (SA). Werksondervinding in kommersiële regspraktyk en bankwese oor 35 jaar. Onlangs afgetree.

 Visiestelling - Die US moet voortgaan om kundigheid en leierskap te lewer in 'n veranderende samelewing. Dit vereis realisme en nugter denke binne 'n globale konteks. Hiervoor sal ek my beywer.

 

STEM HIER​

 

Mnr Johann Aspeling 

REGISTRATEUR
Universiteit Stellenbosch
17 Mei 2016