Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
USB se prof Marius Ungerer oor ‘verwoesters van geluk’
Outeur: Amber Kriel
Gepubliseer: 17/05/2016

Daar is vier faktore wat 'n negatiewe rol op die vlak van ons geluk speel, sê prof Marius Ungerer, 'n medeprofessor in Strategiese Bestuur aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB). Hy noem hierdie faktore die "verwoesters van geluk".

"Geluk is nie iets wat ʼn mens kry nie, maar dit begin met iets wat ʼn mens gee. Hy sê die ironie is dat deur iets van jouself aan ander te gee, word jy 'n gelukkiger mens as gevolg van die positiewe invloed wat jy op hulle het.

"Die eerste verwoester van geluk is wanneer verhoudings gebreek en swak is. Voordat jy kan floreer in enige aspek van jou lewe, moet jy werk aan die bou, skep en instandhouding van verhoudings," sê hy.

Hy identifiseer 'n "blameer houding" as nog 'n faktor wat 'n negatiewe impak op geluk het. "Dit gebeur wanneer jy nie verantwoordelikheid vir jou eie geluk of situasie neem nie, maar blameer ander daarvoor."

Nog 'n groot faktor wat jy jou geluk wegneem, is jou vrese. "Ons is bang om dapper te wees en ons is bang om nuwe dinge te ontdek," sê hy. "Deel van hierdie paradigma van geluk is dat jy nuwe maniere van dink moet verken en om dinge anders te doen om jou hoogste potensiaal te bereik."

Hy sê oorgevoeligheid is nog 'n faktor wat jou daarvan weerhou om geluk te ervaar. "Dit is wanneer jy dink dat alles wat mense sê of doen, oor jou is. Maar jy moet besef dat die wêreld  groter as jy is en nie altyd oor jou gaan nie."

Hy sê geluk is 'n reis wat begin in jouself. "Dit gaan nie oor 'n môre nie; geluk begin vandag. Dit is ook belangrik om te verstaan en aanvaar dat jy nie ander mense kan verander nie. Ons reis is nie om ander te verander nie, maar om ons self te ervaar," sê hy.

Hy noem vyf praktyke wat 'n individu kan toepas om 'n gelukkiger lewe te hê:

  • Balans in jou leefstyl: Maak seker dat jou werk en ander aktiwiteite in balans is;
  • Dankbaarheid-joernaal: Dokumenteer wat jy het en aanvaar dat dit is meer as genoeg is;
  • Meditasie: Hou stiltetyd en ervaar 'n hoër krag daarbuite;
  • Egtheid: Wees getrou aan jouself en wees die beste weergawe van jouself; en
  • Vergifnis: Leer om mense te vergewe.