Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Transformasiegesprek spreek morele leierskap aan
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 22/04/2016

Met huidige leiding van President Jacob Zuma, het Suid-Afrika 'n land geword met bitter min moontlikhede en waaruit slegs 'n klein handjievol mense kan voordeel strek.

Struggle-veteraan en voormalige Minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het tydens een van die Transformasiegesprekke by Universiteit Stellenbosch (US) gesê Suid-Afrika is tans nie die land wat dit beloof het om te wees nie. Die akademikus en filosoof, Dr Buhle Zuma, was mede-aanbieder van die gesprek.

Kasrils, eens 'n goeie vriend van President Zuma, het gesê die President se wanbestuur het die land in vrot situasie gedompel.

"Daar's bitter min oor om voor te kan baklei. Daar is baie min geleenthede waaruit net 'n paar kan voordeel strek terwyl die armstes van die armes al meer agter gelaat word."

Kasrils vra retories of hierdie sombere pretjie die gevolg is van magshongerte, hebsug en grootskaalse korrupsie en plundery van die regering.

"Ons sien nou die ongelyke verdeling van rykdom en daarmee saam die frustrasies, rassisme en woede. Wat is dan die uitweg?"

Kasrils het verwys na onlangse politieke tameletjies, soos die Nkandla en opstande deur jeugdiges en gesê hy is opgewonde, tog ook bang.

"Dié kwessies slaan nóú terug. Van dié kwessies is die EEF en die jeug wat begin opstaan en met sterk morele sake. Boonop het die land 'n uitgesproke media en burgerlike samelewing. Met 'n paar veranderinge is die Suid-Afrika van Madiba se droom tog moontlik."

In reaksie op Kasrils, het Dr Buhle Zuma, gesê dit is ook belangrik vir Suid-Afrikaners om hulself al meer aanspreeklik te begin hou.

Hy het uitgelig dat nié net die President nie, maar talle politieke leiers lei aan materiële hebsug en geestelike armoede en dat dié twee saam dodelik kan wees.

Die Transformasiegesprekke word aangebied deur US se Kantoor vir Studies in Transformasie en Historiese Trauma onder leiding van prof Pumla Gobodo-Madikizela. 

Prof Gobodo-Madikizela is die houer van die navorsingsleerstoel in Sosiale Verandering en Transformasie. Sy beklee ook die SARChI navorsingsleerstoel vir Historiese Trauma en Geheue.