Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM gradueer drie PhD Studente
Outeur: Riaan Combrinck
Gepubliseer: 19/04/2016

​Die UCM het drie PhD studente gegradueer by die onlangse 2016 Maart gradeplegtigheid. Die studente is James Olawuyi, Pieter Nieuwoudt en Riaan Combrinck. James het gewerk op die meganiese eienskappe van hoë verrigting beton met superabsorberende polimere, terwyl Pieter gewerk het op die tydafhanklike gedrag van gekraakte staalvesel versterkte beton en Riaan op die kraak van plastiese beton in vloer-tipe elemente. Al drie studente is gelei deur Prof Billy Boshoff gedurende die afgelope vier tot vyf jaar. Die gradeplegtigheid is verder nog meer spesiaal gemaak deur die graduering van ʼn verdere agt mede PhD Siviele Ingenieurswese studente, wat ʼn nuwe rekord opstel van elf PhDs vir Siviele Ingenieurswese by een gradeplegtigheid.


Van links na regs: Dr James Olawuyi, Dr Riaan Combrinck, Prof Billy Boshoff, Dr Pieter Nieuwoudt