Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
‘SA benodig drie tipes uitnemendheid om te floreer’ – USB-direkteur
Outeur: USB Marketing & Stakeholder Relations
Gepubliseer: 19/04/2016

Die USB-direkteur Prof Piet Naudé praat oor die drie tipes uitnemendheid wat nodig is vir Suid-Afrika om vooruit te gaan. Dit is 'n samevatting van prof Naudé se toespraak by die USB se onlangse 2016 Toppresteerders-toekenningsgeleentheid.

Kyk na die volledige video by https://www.youtube.com/watch?v=diHYHKTD0Fk

Vir Suid-Afrika om te slaag as ʼn land moet ons ʼn land van uitnemendheid wees. Die vraag is: Wat bedoel ons met die woord uitnemendheid?

Eerstens vereis dit dat ons uitnemendheid as ʼn mededingende idee verstaan. In atletiek sal tien mense die wedloop begin, maar daar kan net een wenner en een in die tweede plek en die derde plek wees. Op dié manier laat ons mense toe om te presteer in wat hulle doen omdat hulle teen mekaar meeding en op die ou end kroon en beloon ons die wenners.

Dit is baie belangrik on side idee van uitnemendheid in Suid-Afrika behou. Ons het mense nodig wat uitblink, mense wat kan meeding met die beste in die wêreld, en ons moet ʼn positiewe gees in ons samelewing hê waar dié individue beloon word. ​