Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Wat is verkragtingskultuur?” en ander vrae
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 13/04/2016

​Verkragting en verkragtingskultuur was die afgelope weke wyd in die media berig. In die lig hiervan het Universiteit Stellenbosch talle navrae ontvang. Hierdie het ons in staat gestel om 'n lys van vrae en antwoorde saam te stel (oor verkragting en verkragtingskultuur. Sien asseblief onderaan.

VERKRAGTING

Watter ondersteuning is daar vir 'n slagoffer van seksuele geweld/ verkragting?

US bied berading en ondersteuning aan studente wat dit versoek na voorvalle insidente van seksuele geweld. Ons Kampus Gesondheidsdienste, Kampus Sekuriteit, Sentrum vir Studente Voorligting en Ontwikkeling en ons Eenheid vir Gelukwaardigheid bied ondersteuning in dié verband. 'n 24-uur Krisisdiens is ook beskikbaar aan studente.

Waar kan ek klagtes van verkragting of seksule geweld aanmeld?

Mans en vroue wat seksuele teistering of mishandeling ervaar of die slagoffer van 'n verkragting is,  moet dit dadelik by die Universiteit se Krisisdiens (tel: 082 557 0880) of Kampus Sekuriteit (tel: 021 808 2333 en 021 938 9507 vir die Tygerberg kampus) aanmeld. Dit kan ook anoniem by die Universiteit se onafhanklike Etieklyn (tel: 0800 204 549) of e-pos sun@ethics-line.com aangemeld word. Klagtes kan ook by die Universiteit se Eenheid vir Gelykwaardigheid by unfair@sun.ac.za ingedien word. Verkragting is 'n kriminele oortreding en moet ook by die naaste polisiekantore aangemeld word.

Hoekom is daar nie 'n tolvrye nommer om verkragting en ander seksuele misdrywe aan te meld nie?

Ons werk tans daaraan om 'n tolvrye nommer vir sekuriteitsdoeleindes beskikbaar te stel. Daar is egter ICASA-regulasies en interkonnektiewe probleme hieraan verbonde wat dit nie in staat stel om van sellulêre netwerke na 'n Telkom-lyn te kan skakel nie. Ons onderhandel tans met sellulêre netwerke om spesifiek aangepaste produkte vir die Universiteit te kry wat 'n tolvrye opsie vir elke network kan bied.

Hoekom lig die Universiteit ons nie in wanneer daar 'n verkragting op kampus was nie?

Die Universiteit hanteer alle gevalle van seksuele geweld vertroulik en oordeelkundig. Die Universiteit probeer egter om te alle tye oop en eerlik aan studente te kommunikeer. 'n Kriminele oortreding soos verkragting is ingewikkeld om te kommunikeer, maar die Universiteit het onderneem mom so gou moontlik te kommunikeer. Met 'n traumatise ervaring, soos verkragting, is dit soms moeilik om al die inligting onmiddelik te kry. Enige verkeerde inligting kan regsgevolge vir die Universiteit en die klaer inhou.

Hoekom gebruik die Universiteit die woord 'beweer(de)' wanneer daar oor 'n verkragtingsinsident gekommunikeer word?

Verkragting is 'n kriminele oortreding en is onderhewig aan ondersoeke deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) en vervolging deur die gereg. Die Universiteit gebruik dus die woorde 'bewering' of 'beweerde' totdat 'n hof 'n beslissing gemaak het. Verder doen die Universiteit dit aangesien die Suid-Afrikaanse handves van menseregte stel dat: "…'n aangeklaagte het die reg tot 'n regverdige verhoor en dat almal onskuldig geag word tot die teendeel bewys is."

Wat is die verkragtingstatistiek by US?

Die statistiek van aangemelde verkragtingsinsidente teruggedateer tot in 2005, is as volg:

  • 2016: 2
  • 2015: 2
  • 2014: 5
  • 2013: 1
  • 2012: 1
  • 2011: 1
  • 2010: 3
  • 2009: 2
  • 2008: 5
  • 2007: 4
  • 2006: 5
  • 2005: 4

    Hoe hanteer die Universiteit klagtes van seksuele misdrywe?

Aangesien verkragting 'n kriminele oortreding is, kan slegs die polisie dit ondersoek. Wanneer 'n vermeende oortreder en 'n slagoffer 'n personeellid of 'n student aan US is, kan klagtes van seksuele misdrywe wel by enige van die bogenoemde kanale aangemeld word.

Seksuele misdrywe word ook hanteer volgens die Universiteit se Studente Dissiplinere Kode (vir Studente) en die Beleid oor Seksuele teistering (vir personeel). US se Afdeling vir Regsdienste ondersoek bewerings en die Universiteit se Raadgewende Kommittee oor Seksuele Misdrywe verhoor en hanteer aangemelde sake van seksuele misdrywe.

​Wat doen die Universiteit oor die veiligheid van studente?

Die veiligheid van ons studente en personeel is een van ons grootste bekommernisse. Oor die afgelope paar jare het US:

  • die skryf van eksamens en toetse in die aande gestaak;
  • 'n pendelbusdiens op kampus en omliggende gebiede ingestel, asook 'n saamstapdiens wat saans beskikbaar is;
  • die aantal wagte verdubbel wat die primêre roetes op kampus patrolleer;
  • voetgangerroetes verbeter;
  • 'n uitgebreide straatkameranetwerk gevestig;
  • veiligheidskiosks op kampus aangebring;
  • die sigbaarheid van sekuriteitspersoneel, patrollievoertuie en -motorfietse verbeter;
  • begin om sekuriteitsones soos die Rooiplein te vestig waar 'n toring met kameras en ligte toegerus is;
  • die gebruik tegnologie, reaksiekapasiteit en bewusmakingsveldtogte vir studente en personeel verhoog; en
  • aktiewe vennootskappe met die SAPD, Stellenbosch-munisipaliteit en die groter sekuriteitsgemeenskap in die dorp gevestig.

'n  Taakspan is gestig en steeds is 'n vrou verkrag. Wat doen die Taakspan?

Aan die begin van Maart 2016 het die Rektor se Bestuurspan 'n Taakspan in die lewe geroep om dringend verkragtingskultuur by die Universiteit te ondersoek en om voorstelle te maak. Hierdie is 'n apart van deurlopende veiligheids- en bekampingsinisiatiewe teen verkragting.

OOR VERKRAGTINGSKULTUUR

Wat is verkragtingskultuur?

Verkragtingskultuur was vir die eerste keer in die 1970's internasionaal genoem en beskryf. Dit word gedefinieer as die verskeie dade wat seksuele aggressie of –viktimisasie normaliseer weens die gemeenskap se houding teenoor geslag en seksualiteit. Gedrag, wat met verkragtingskultuur geassosieer word, sluit in seksuele objektifisering, slagoffersblaam, weier om trauma van seksuele geweld te erken, of 'n kombinasie hiervan. Die samelewing in geheel staan voor die uitdaging – plaaslike en wêreldwyd.

Bestaan verkragtingskultuur werklik by die Universiteit

Die Universiteit erken dat verkragtingskultuur bestaan by US en elders in Suid-Afrika. Ons is nie verskillend van die res van die samelewing nie, maar binne dit. Geslagsgeweld is endemies in die samelewing en US is deel daarvan. Dieselfde algemene kultuur van disrespek en teistering van vroue bestaan in die samelewing en word ook gevind aan US.

Wat doen die Universiteit om verkragtingskultuur hok te slaan?

Bestaande teen-praktyke by US sluit in deurlopende aktiwiteite op ons verskeie kampusse om 'n groter bewuswording van geslagskwessies en seksuele teistering te skep. Bewusmakingsessies en sensitiwiteitsopleidings vir personeel en studente vind plaas by koshuise en op kampus. Meer doelgerigte maatreëls is dalk nodig om gevestigte gewoontes aan te spreek.

Ons rol is om 'n klimaat te skep waarbinne verkragtingskultuur nie verewig kan word nie. Ons moet denkleiers binne akademiese en gemeenskaplike spasies wees om die samelewing te kan verander en so geslagsgeweld te kan stop sit.

'n Sterker fokus van die kwessie het die Rektor se Bestuurspan (RBS) daartoe gelei om 'n taakspan in die lewe te roep om verkragtingskultuur by die Universiteit te ondersoek en die nodige voorstelle te maak,

Waarop fokus die Taakspan?

Die taakspaan oor Verkragtingskultuur sal die huidige kultuur en klimaat by US asseseer om te bepaal in hoe 'n groot mate verkragtingskuluur, seksisme en seksistiese praktyke by US heers. Hulle sal ook die stappe verken wat reeds geneem is om verkragtingskultuur aan te spreek.  Verder sal hulle ondersoek instel na tekortkoming in die griewe prosedures asook sankies en nagevolge daarvan. 

Verder sal die Taakspan die RBS en die rektor adviseer oor strategieë om aspekte van verkragtingskultuur aan te spreek. Hulle sal maatreëls aanbeveel om 'n veilige en vooruitstrewende interpersoonlike en sosiale klimaat by US te skep.