Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US en Fraunhofer werk saam op waternavorsing
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 09/03/2016

​Die eerste werkswinkel tussen die Universiteit Stellenbosch en die Fraunhofer Water Systems Alliance (SysWasser) is deur 31 afgevaardigdes bygewoon, insluitend verteenwoordigers van die Waternavorsingskommissie, ERWAT en die Stad Kaapstad.

Die werkswinkel, wat van 14 tot 17 Februarie 2016 in Stellenbosch plaasgevind het, het besoeke aan informele nedersettings ingesluit om strategieë vir die behandeling van afvalwater te demonstreer, asook die behandeling van afvalwater vanaf wynkelders. Daar is ook 30 aanbiedings gemaak.

Prof. Gideon Wolfaardt, Direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Water Instituut (USWI), sê die werkswinkel is die eerste stap om uiting te gee aan die visie van die Memorandum van Verstandhouding, wat in 2014 tussen die US en Fraunhofer onderteken is. Die visie vir dié samewerkingsooreenkoms is om uiteindelik 'n Fraunhofer Sentrum vir Volhoubare Watertegnologie by die US te vestig.

In 2015 het Thomson Reuters die Fraunhofer Gezellschaft as een van die Top 100 internasionale innoveerders benoem. Die Fraunhofer Water Systems Alliance (SysWasser) steun op die kundigheid van sy lede in 11 Fraunhofer Institute om navorsing te doen oor innoverende water infrastruktuur sisteme en tegnologie.

Die US en Fraunhofer werk reeds saam op twee waterverwante Horison 2020 projekte, naamlik die SafeWaterAfrica projek en die MinWaterCSP projek.

Lees meer by

Op die foto: Voor (van links na regs) Dr Marelize Botes (US), Dieter Bryiok (FH – Fraunhofer), Prof. Eugene Cloete (US), Dr. Siegfried Egner (FH), Dr Stanley Liphadzi (WNK), MS Mercia Volschenk (Stad Kaapstad).

Middel (van links na regs) Dr. Willem de Clercq (US), Prof. Gideon Wolfaardt (US), Prof. Oliver Damm  (FH), Dr Jo Barnes (US), Dr. Joachim Koschikowski (FH), Dr. Harald Hiessl (FH).

Agter (van links na regs) staan Dr. Andre Wufka (FH), Prof. Dimitrov (US), Lothar Schäfer (FH), Edward Archer (US), Dr. Felix Tettenborn (FH), Prof. Gunnar Sigge (US) en Prof. Erich Rohwer (US).

Ander deelnemers wat nie op die foto versky nie: James Topkin (ERWAT), Prof. Oliver Ruppel, Dr. Tobie Louw, Dr. Robbie Pott, Prof. Johan van der Spuy (US), Prof. Pieter Swart (US), MS Oby Ume, Dr. Margreth Tadie, Dr Wesaal Khan (US), Prof. Andre Burger (US), Andrei Rozanov (US), Me. Isobel Brink.