Die onlangse
Volhoubare Grondbestuur Simposium, wat op 5 en 6 November 2015 aan die
Universiteit Stellenbosch gehou is, het 'n platform vir akademici en praktisyns
geskep om saam die konsep van volhoubaarheid en die belangrikste uitdagings,
wat verband hou met die bereiking van volhoubare gebruik en bestuur, van grond
te bespreek. Die simposium is deur die Departement Grondkunde, Universiteit
Stellenbosch (Dr Andrei Rozanov), in samewerking met LNR Instituut vir Grond
Klimaat en Water (Liesl Wiese) en Graan SA (Dr Hendrik Smith) georganiseer.
Prof Leopold van
Huyssteen, huidige hoof bedryfsbeampte van die Universiteit Stellenbosch en
professor van Grondkunde by die Fakulteit AgriWetenskappe, het die simposium geopen
deur grondbestuur binne die breër konteks van volhoubaarheid te bespreek. Die
byeenkoms is deur die Internasionale Unie van Grondkunde (IUSS) ondersteun, en
prof Ranier Horn, die huidige Sekretaris-generaal van IUSS het ʼn referaat
gelewer oor die belangrikheid van lang-termyn grondbestuur op plastiek en
elastiese vervorming van die fisiese toestand van grond. Die president van die
Suid-Afrikaanse Grondkundevereniging (GVSA), dr Rianto van Antwerpen, het die
gehoor namens die vereniging aangespreek, en het die dringendheid van
volhoubare oplossings binne die intensivering van die gewasproduksie binne die
konteks van Globale Klimaats Verandering, beklemtoon. Die Wes-Kaapse
Departement van Landbou het 'n sterk finansiële en morele ondersteuning vir die
simposium verskaf, en die vergadering is deur die direkteur van die
departement, mev Joyene Isaacs, aangespreek. Sy het die kwessies van
voedselsekerheid binne die konteks van volhoubare ontwikkeling aangespreek. Die
LNR Groep uitvoerende: Navorsing en Innovasiestelsels, prof J. Rees, het die uitdaging
van groot data in grondinligting, verwerking en ontleding, uitgelig. Die bedryfs-deelname,
insluitende aanbiedings deur boere, is sterk ondersteun deur Graan SA. Graan SA
het die dringende behoefte om volhoubare gewasproduksie in Suid-Afrika te verseker,
en grond sien as 'n sleutel tot die handhawing van die sektor prestasie.
Baie
Suid-Afrikaanse en internasionale kenners het die simposium bygewoon en het
deelgeneem aan die bespreking oor die strategie om Suid-Afrika se volhoubare grondbestuur in
die landbou en omgewingsbestuur te versterk. Kritieke kwessies is uitgelig, wat
oor die lang termyn aangespreek moet word, insluitend die kwessie van data-kwaliteit,
-hoeveelheid en -beskikbaarheid; die terrein-spesifieke afhanklikheid van
volhoubaarheid; monitering; die belangrikheid van organiese materiaal dinamika;
en die belangrikheid van toepaslike aanwysers van grondgesondheid en
grondkwaliteit teenoor die definisie en die monitering van volhoubaarheid.
Meer inligting
oor die aanbiedings is beskikbaar op die simposium webwerf:
http://conferences.sun.ac.za/index.php/soil/2015