Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Grondkunde narvorsers woon Internationale Grond Organiese Materiaal Simposium by
Outeur: AG Hardie
Gepubliseer: 01/12/2015

Twee navorsers van die Departement Grondkunde (US), dr Andrei Rozanov en dr Ailsa Hardie, het onlangs vier referate by die 5de Internasionale Grond Organiese Materiaal simposium aangebied, wat by Georg-August Universiteit, Göttingen, Duitsland gehou is. Die tema van die simposium was struktuur, oorsprong en meganismes van grond organiese materiaal (GOM). Dr Rozanov het sy navorsing oor die afbreek van biochar onder aerobiese en anaerobiese toestande aangebied, asook, sy bevindings oor hoe om die fisiese digtheid van GOM bepaal. Dr Hardie het navorsing oor die lang-termyn effek van die gewas-rotasie op grond C en N-aandele in die Overberg aangebied, asook die effek van kunsmis op plantreste afbraak in die grond.

Die simposium is bygewoon deur meer as 500 afgevaardigdes van 50 lande, en het 'n wye verskeidenheid van GOM onderwerpe gedek. Dit sluit in gevorderde molekulêre metodes vir die bestudering van GOM struktuur en omset, prosesse en interaksies van GOM in die grond en relevansie en funksies. Die simposium is afgesluit met 'n werkswinkel oor GOM fraksionering tegnieke wat waardevolle inligting en rigting vir toekomstige navorsing opgelewer het. Die simposium het 'n rykdom van inligting oor die nuutste navorsing ontwikkelings in hierdie belangrike gebied van grondkunde verskaf, en het die geleentheid gebied om die voorste internasionale GOM navorsers te ontmoet.