Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afrika-sentrum vir Dispuutbeslegting by die USB span saam vir internasionale navorsing oor besigheid se rol in vrede
Outeur: USB Marketing & Communication
Gepubliseer: 09/02/2016

Die Afrika-sentrum vir Dispuutbeslegting by die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool is besig met 'n navorsingsprojek saam met internasionale vennote oor die sakesektor se bydrae tot vrede.

Die sentrum pak die navorsingsprojek saam met CDA Collaborative Learning Projects in Amerika en die Peace Research Institute in Oslo, Noorweë aan. Finansiering word deur die Carnegie Corporation en die Noorweegse Ministerie van Buitelandse Sake voorsien.

Prof Ganson sê: "Ons weet dat meer werkgeleenthede en ekonomiese groei nie noodwendig vrede sal bring nie. Wat is die konstruktiewe rolle wat sakeondernemings werklik kan speel?"

Die studie sal gevallestudies gebruik wat fokus op positiewe voorbeelde van sake in situasies van konflik om alle rolspelers te help om wyser besluite te neem om ʼn meer vreedsame omgewing te skep.