Op Vrydag 5 Februarie 2016 is daar 'n spesiale leksikografiekollokwium ter ere van prof. Herbert Ernst Wiegand, emiritusprofessor van die Universiteit van Heidelberg, Duitsland gehou wat onlangs sy tagtigste verjaardsdag gevier het. Dit het plaasgevind by die Friedrich Alexander Universiteit van Erlangen-Nürnberg, Duitsland. Prof. Wiegand, dié toonaangewende internasionale metaleksikograaf, het in 2006 'n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang.
Na afloop van die kollokwium is 'n huldigingsbundel Wörterbuchforschung und Lexikographie aan prof. Wiegand oorhandig. Die samestellers van hierdie bundel is proff. Stefan Schierholz (Erlangen), Rufus Gouws (Stellenbosch), dr. Zita Hollós (Boedapest) en prof. Werner Wolski (Paderborn). Op die foto wat tydens hierdie geleentheid geneem is, verskyn, v.l.n.r., proff. Gouws, Wiegand, dr. Hollós en prof. Schierholz.