Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer om te laat gaan: Pedagogiese moed en onsekerheid met ontsnapkamer-onderrigmetodiek
Outeur: Simbongile Ntwasa
Gepubliseer: 14/04/2025

U word uitgenooi om die middagete Auxin-sessie by te woon wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer aangebied word.


Spreker: Delecia Davids

​Onderwerp: Leer om te laat gaan: Pedagogiese moed en onsekerheid met ontsnapkamer-onderrigmetodiek​

​​Datum: 22  April 2025

Tyd: 13:10-14:10 

Plek: MS Teams: Join the meeting now


Opsomming van die Auxin:

Hierdie aanbieding bied ʼn nadenkende ondersoek van ʼn (virtuele) ontsnapkameringryping in ʼn onderwys-onderrigmodule. Die ontsnapkamer was daarop gemik om studentebetrokkenheid en ‑kreatiwiteit te verbeter deur hulle uit te nooi om oop digitiale take te navigeer en betekenis binne speelse, dog professioneel-gegronde scenario's te ko-konstrueer. Dit het egter vinnig ontwikkel tot ʼn kragtige pedagogiese provokasie wat die produktiewe spanning van onsekerheid, moed en medewerking in hoëronderwys-onderrig, -leer en -assessering uitgelig het. Hierdie ontwerp het die tradisionele pedagogiese gesag en assesseringsverwagtings gedestabiliseer, wat Barnett (2007) se oproep dat hoër onderwys studente vir die onbekende moet voorberei, herhaal het. Die ingryping het van studente vereis om dubbelsinnigheid te navigeer, kollektiewe besluite te neem en kreatief op onbekende uitdagings te reageer. Dit het ook assessering as leer aangekweek, deur besinning en transformasie bó korrekte antwoorde te prioritiseer, wat studente in staat stel om meer agentskap in hulle leer aan die dag te lê. Vir opvoeders bied dit ʼn provokasie om pedagogiese eksperimentering as ʼn vorm van ondersoek en moed te beskou en onsekerheid as vrugbare grond vir groei na te streef.

Delecia Davids is ʼn dosent en vroeëloopbaan-akademikus in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. As ʼn Mandela Rhodes-beurshouer, het Delecia haar magister in onderwysbeleidstudies met ʼn tesis oor die agentskap en plek-gehegtheidspraktyke van studenteleiers verwerf. Sy is tans ʼn PhD-kandidaat en haar navorsing verken onderwysstudente se digitale agentskap deur ʼn sosiologiese en sosiomateriële lens.


​Kontak persoon: Simbongile Ntwasa by sim@sun.ac.za