Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer ken jou dosent (en waarnemende dekaan): Prof Pieter von Wielligh
Outeur: Aamirah Sonday
Gepubliseer: 24/02/2025

Ons het met waarnemende dekaan en dosent in ouditkunde, professor Pieter von Wielligh, gesels oor sy ondervinding as ʹn dosent in die EBW-fakulteit en sy raad aan toekomstige studente. Hier volg sy antwoorde.

Wat het jou laat besluit om ʹn akademikus/dosent te word?

Ek wou ʹn verskil in die lewens van jongmense maak deur ʹn bydrae te lewer tot hul ontwikkeling tot afgeronde, voornemende werknemers wat nie net werkgereed is nie, maar vir wie daar ʹn blink toekoms voorlê.

Is daar ʹn gedeelte van jou werk wat jy besonder baie geniet?

As ʹn dosent: Om in studente se oë te sien hoe die lig opgaan wanneer ek ʹn begrip verduidelik waarmee hulle vroeër gesukkel het.

As waarnemende dekaan: Om so ʹn diverse groep interessante en inspirerende mense te ontmoet en met hulle om te gaan, onder meer studente, personeel, ouers en ander; asook om in staat te wees om ʹn verskeidenheid wonderlike insiatiewe in die EBW-fakulteit en elders te ondersteun. Hierdie inisiatiewe kan werklik positief inwerk op die ekonomie en samelewing op ʹn plaaslike, nasionale, streeks- en internasionale vlak.

Watter raad sal jy aan EBW-studente en/of toekomstige besroepslui gee?

Die mensdom is met verskeidenheid geseën. Moenie jou met ander vergelyk nie. Stel eerder veeleisende dog bereikbare doelwitte vir jouself en haal dan alles uit om dit te bereik: bereikbare doelwitte is soos drome met sperdatums.

Vertel ons iets van jouself wat nie werkverwant is nie.

Die pragtige Mediterreense Griekeland het ʹn baie spesiale plek in my hart. Ek was al sowat 30 keer daar met vakansie en om vriende te besoek. Dit is een van my gelukkige plekke op die planeet aarde.