Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO stel nuwe direkteure aan
Outeur: Division for Research Development | Afdeling Navorsingsontwikkeling
Gepubliseer: 25/10/2024

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) het onlangs drie personeellede in die afdeling bevorder. Herdie aanstellings – twee direkteure en een adjunkdirekteur – getuig van die verbintenis van die ANO om prosesse te stroomlyn en om doeltreffende ontwikkelings- en ondersteuningsdienste aan US-navorsers te verskaf. Die vernuwing van personeel is van kardinale belang omdat dit innovasie, aanpasbaarheid en hernude energie bevorder, wat noodsaaklik is vir die handhawing van dienste van hoë gehalte. Deur te belê in die professionele ontwikkeling van personeellede, poog die ANO om te verseker dat die span toegerus bly om die groter verantwoordelikhede te hanteer om die US se nagraadse studente, omsigtigheidsvereistes en verantwoordelike navorsingspraktyke te ondersteun.

Mr Nugent Lewis het in Mei 2024 die pos van Direkteur: Opkomende Wetenskaplike Befondsing en Ondersteuning in die ANO aanvaar. In sy nuwe pos staan hy aan die hoof van die Na-doktorale Kantoor en die Nagraadse Befondsingskantoor. Die US het jaarliks ±12 000 nagraadse studente en ±350 na-doktorale genote en streef tans na aansienlike uitbreiding van sy nadoktorale getalle, altyd met die fokus op kwaliteit, om seker te maak dat die Universiteit `n sterk pyplyn van opkomende vakkundiges produseer. 

Me Clarissa Robertson is in September 2024 as Direkteur: Navorsingsintegriteit en -etiek aangestel. Sy hou toesig oor die bevordering van navorsingsintegriteit en -etiek aan die US, insluitend die bestuur en ondersteuning van die US se Navorsingsetiekkomitees (NEK`s) vir Sorg en Gebruik van Diere en Sosiale, Gedrags- en Opvoedkunde Navorsing. Hierdie NEKs hou tans toesig oor `n totaal van 3 197 aktiewe projekte. Haar verantwoordelikhede sluit ook bewusmaking, opleiding en beleidsformulerings in wat verband hou met verantwoordelike navorsingsgedrag aan die US.

Me Naseema Sonday dien sedert September 2023 as die Adjunkdirekteur: Navorsingskontrakte en -nakoming en Senior Regsadviseur. Haar rol as `n Senior Regsadviseur is om navorsingskontrakte te onderhandel en te hersien, en in haar hoedanigheid as Adjunkdirekteur is dit om seker te maak dat alle navorsingsverwante voldoeningsvereistes tot in die fynste besonderhede aangespreek word.

Dr Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie, sê: “Hierdie aanstellings bring `n nuwe energie na die afdeling deur die transformasie en vernuwing van ons bestuurspan. Die ANO kon hoogs gekwalifiseerde jonger personeellede bevorder wat professionele ontwikkelingsgeleenthede optimaal benut het en uitstaande toewyding getoon het om die US se navorsing te ondersteun gedurende hul tyd in die afdeling. Ek weet hulle sal uitblik in hierdie senior rolle!

Om meer te weet oor Nugent, Clarissa en Naseema, lees hulle onderhoude met die joernalis Heather Dugmore: 

Nugent: ​https://bit.ly/4hikzDK

Clarissa: https://bit.ly/3Yyt8mt

Naseema: https://bit.ly/3Ui1o2P