Adolessensie is ʼn tydperk van ontwikkeling wat geassosieer word met drastiese veranderinge. Benewens pogings om identiteit en onafhanklikheid te vestig, word adolessente deur aansienlike sosiale, omgewings- en digitale faktore in die gesig gestaar wat hul geestesgesondheid beïnvloed. Daarom moet ons hul geestelike welstand prioritiseer en hulle help om die uitdagings wat met hierdie belangrike fase in hul lewens gepaard gaan, die hoof te bied. Só skryf kenners aan die Universiteit Stellenbosch in meningsartikels vir die media ter viering van Wêreldgeestesgesondheidsdag op 10 Oktober. Klik op die skakels hier onder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.
Foto deur Chang Duong by Unsplash.