Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreld Intellektuele Eiendomsregdag blaas nuwe energie in gesprekke oor oplossings by die US
Outeur: Jeraldine Menon, Innovus
Gepubliseer: 16/05/2024

Elke jaar herinner Wêreld Intellektuele Eiendomsregdag ons hoe belangrik kreatiwiteit en innovasie in ons samelewing is. Op 26 April, word hierdie dag gekenmerk deur  gesprekke tussen navorsers, akademici, die bedryf en beleidmakers. Die Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO) het vanjaar twee geleenthede gehou in die week van Wêreld Intellektuele Eiendomsregdag: 'n interaksie-geleentheid met voorgraadse studente en 'n geleentheid waar navorsers en akademici kon gesprekke voer oor Volhoubaarheidsontwikkelingsdoelwit 7 (SDG7), bekostigbare en skoon energie.

Innovus, die Universiteit van Stellenbosch (US) se innovasie en kommersiële afdeling, bevorder die beskerming en benutting van Intellektuele Eiendom (IE) uit die uitstekende navorsingspyplyn van die Universiteit se fakulteite. Die week se byeenkomste het die simbiotiese verhouding tussen IE en die Verenigde Nasies se Volhoubaarheidsontwikkelingsdoelwitte (SDGs) ontgin en gewys hoe IE as 'n kritiese instrument gebruik kan word om globale uitdagings aan te spreek. Een van die hoogtepunte van hierdie geleenthede was om te sien hoe entoesiasties studente deelgeneem het aan die vrae-en-antwoord-sessies oor IE en die konsep se verskillende fasette.

Die tema vir Wêreld IE-dag 2024 soos uiteengesit deur die Wêreld Intellektuele Eiendomsreg Organisasie was: "IE en die SDGs": Die bou van 'n gemeenskaplike toekoms deur innovasie en kreatiwiteit". Volgens die amptelike verklaring van WIPO was die doel van hierdie jaar se tema om uit-die-boks denke aan te moedig oor "hoe ons leef, werk en speel. Hierdie dag is 'n geleentheid om te verken hoe IE innoverende en kreatiewe oplossings aanmoedig en kan versterk, iets wat baie noodsaaklik is om 'n gemeenskaplike toekoms te bou."

Die opvoeding van studente oor die kompleksiteit van IE is een van Innovus TTO se kernprioriteite. Deur hul uitgebreide interaksies met studente, vir sowel voorgraadse as nagraadse studente, is daar entoesiasme rondom temas van IE en entrepreneurskap. Daarom het Innovus TTO ter viering van Wêreld IP-dag 2024 saamgewerk met die prokureurs van die firma Spoor en Fisher — spesialiste op die gebied van Intellektuele Eiendomsreg — om 'n geleenteheid vir studente op 24 April by die Neelsie Cinema aangebied het. Patenteprokureur Dirk Hanekom het 'n omvattende oorsig van IE gegee: wat dit is, wat IE behels en die toepassing daarvan in die werklike wêreld. Hy het ook die belyning van IE met die SDGs beklemtoon en die behoefte aan meer innovering, kreatiwiteit en samewerking, met 'n spesifieke fokus op SDG 6: Skoon Water en Sanitasie.

Hanekom het verduidelik hoe IE innovasie aanmoedig, mark kompetisie bevorder, openbare welvaart verbeter en ekonomiese groei dryf. Met verwysing na praktiese voorbeelde in navorsing, het hy gedemonstreer hoe IE individue en instellings, soos universiteite, bemagtig om die kommersiële lewensvatbaarheid van hul ondernemings te beoordeel. Deur hul IE te beskerm, beskerm dit nie net hul innovasies nie, maar moedig dit ook maatskappye aan om duplikasie te vermy en die beste tegnologieë in te span in hul ondernemings. Hierdie begrip is noodsaaklik vir studente omdat dit hulle toerus met die kennis om navorsingsgapings vroeg in hul akademiese reise te identifiseer en nuut-geskepte IE wat kommersiële waarde kan hê, te herken. Dit sal hulle in staat stel om óf bestaande navorsing uit te brei óf nuwe perspektiewe, produkte, of metodologieë in te span om hul bestaande kennis te verryk.

Dr. Jason Samuels, medestigter en uitvoerende hoof van GreenX Engineering, 'n US- en Innovus-afwentelmaatskappy, het sy IE-ondervinding met die gehoor gedeel. GreenX Engineering het ontstaan uit die energiekrisis en spesifiek die uitwerking wat dit op veral armer skole in Suid-Afrika gehad het. GreenX het 'n gaping in die mark geïdentifiseer vir 'n instrument wat energieverbruik en die bron daarvan doeltreffend kan identifiseer en bestuur. Hul navorsing het aansienlike energiebesparingsgeleenthede in skole bewerkstellig. Samuels het vertel hoe die beskerming van hul IE-bates dit vir hulle moontlik gemaak het om 'n tasbare impak op skole te maak. Hy het die waarde van IE in die bevordering van innovasie beklemtoon, spesifiek met betrekking to SDG 7: Bekostigbare en Skoon Energie. Die geleentheid is deur Ian van Zyl, Tegnologie-oordragspesialis by Innovus TTO, aangebied, wat die studentegehoor op hul tone gehou met 'n visuele voorstelling van wat alledaagse IE behels met behulp van 'n Maties Koffie Hub herwinbare koffiekoppie. Die studente was verbaas om te vind dat die IE in daardie koppie baie meer behals as bloot net die logo. Die geleentheid is afgesluit met 'n uur-lange vraag-en-antwoord-sessie, waartydens die studente fantastiese pryse kon wen en 'n wegneem-middagete kon geniet.

Gesprekke rondom IE en SDG7 het 'n nuwe dimensie bereid tydens die tweede IE-geleentheid: die 'n navorserssprek, wat op die aand van 24 April 2024 gehou is. Die US en Innovus se afwentelmaatskappy GeoSun se stigter, Riaan Meyer, het die vloer geopen met 'n boeiende oorsig van tendense in die sonkrag industrie. Hy het fassinerende fotos van uitvindings soos uitgestrekte nuts-sonkragplase in China, drywende sonpanele, en omsetters vertoon. Hy het gesê dat Suid-Afrika waarskynlik nie hierdie tendense sal navolg nie weens die die groot hoeveelhede onbesette land wat nog in die land beskikbaar is. Hy het verder fotos gewys van sonpaneel-bedekte geboue – iets wat reeds 'n tendens in Suid-Afrika is. Hy het kortliks gesels oor die wonder van sogenaamde “agrivoltaics": gewone fotovoltaïese (PV)-panele wat opgerig word oor gewasse wat dan in die skaduwee van die panele groei. Hierdie gewasse kon vroeër nie in daardie omgewings geproduseer word nie en danksy die skadu wat die panele bied, floreer dit nou daar.

In sy slotrede het Meyer gesels oor hoe PV-modules en batterye in grootte toeneem. Die grootste batterye op rekord in Suid-Afrika is 540 Watt as deel van 'n Eskom-projek is wat tans nog aan die gang is.

Die momentum van die gesprek het oorgegaan na 'n paneelbespreking met Andrew Taylor, die hoof van regs- en handelsdienste by die NOA Groep ('n hernubare energiemaatskappy), Ralph Van Niekerk, 'n patenteerprokureur en vennoot by Von Seidels patente-prokureursfirma, Prof. Thinus Booysen, Professor in Ingenieurswese by die US, en Meyer. Fasiliteerder Ian van Zyl van Innovus TTO, het dadelik ingedelf in tema rondom die kommersialisering van IE. Taylor het geantwoord deur te sê dat tegnologie dikwels nie die moeilikste aspek van 'n oplossing vir die bedryf is nie, want behalwe dat dit tegnies lewensvatbaar moet wees vir die Suid-Afrikaanse landskap, moet daar 'n opbrengs op die belegging wees en, wat nog belangriker is, daar moet 'n regverdigbare energie-oorgaan (“just energy transition") wees. Dit alles sal bepaal of 'n tegnologie ingespan kan word of nie.

In reaksie hierop en met verwysing na die elektriese taxi retrofit projek, het Prof. Booysen die waarde van kennis bo patente beklemtoon, veral in die konteks van 'n ontwikkelende land soos Suid-Afrika.

Met Prof. Booysen se sentimente, het Van Niekerk oor Amerikaanse maatskappye gesels en hoe hulle kennis en handelsmerke bo patente waardeer. Hy het ook opgemerk dat die US se vele energiepatenteringsaktiwiteite aandui dat daar 'n hoë vlak van vordering in 'n verskeidenheid van nuwe tegnologieë plaasvind.

Die paneel was dit eens die energiebedryf dringend vrygemaak moet word om die groei van die SA-ekonomie te verseker. Een potensiële oplossing was 'n voorstel om die onafhanklike kragverkrygingskantoor te heropen. Van Niekerk het ook IP-lisensiëring vir innoverende oplossings aangemoedig, met verwysing na Nasionale Intellektuele Eiendomsregbestuurskantoor (NIPMO) insentiewe, terwyl Riaan Meyer meer sonkrag en PV-module-herwinning voorgestel het om energiekoste te verminder. As 'n langtermynoplossing vir die energiekrisis, het Prof. Booysen beklemtoon dat Suid-Afrikaners meer bewus gemaak moet word van energie, en opgemerk dat dit is waar innovasie prioriteit moet kry.

In haar kommentaar na afloop van die twee Wêreld IP-dag-geleenthede het Nolene Singh, ddjunkdirekteur van Innovus TTO, gesê dat "hierdie geleenthede meer was as slegs 'n dialoog: dit het 'n ruimte geskep vir insiggewende gesprekke wat ontsaglike potensiaal het om hernubare energie-navorsing en bedryftendense te beïnvloed."

Terwyl die Wêreld IP-dag-geleenthede waardevolle insigte gebied het, het dit ook die besondere werklikheid van ons land se energiekrisis na vore gebring, en die noodsaak vir meer navorsing en innovasie om ons planeet te red.