Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studenteterugvoer: Die navorsingsmoontlikhede
Outeur: Simbongile Ntwasa
Gepubliseer: 16/04/2024

Studenteterugvoer aan die US is ʼn proses waardeur beduidende hoeveelhede inligting oor verskillende sake wat met studente se leerervarings verband hou, ingesamel word. Vir hierdie inligting om verandering aan te dryf en te onderlê, moet dit ontleed word. Wat is die ontledingsmoontlikhede vir hierdie data? Hierdie sessie fokus op die navorsingsgeleenthede vir studenteterugvoer. Daar word in die besonder onderskei tussen studenteterugvoer as die voorwerp van navorsing en studenteterugvoer as ʼn datainstrument vir navorsing. Die doel van die sessie is om akademici aan te moedig om studenteterugvoernavorsing te onderneem. 


Gert Young is ʼn senior adviseur in die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL). Sy navorsingsbelangstellings as ʼn akademiese ontwikkelaar sluit in akademiese ontwikkelingsidentiteite, akademiese ontwikkelingswerk as ʼn intergroepspraktyk en navorsingmetodologieë vir akademiese ontwikkeling. Hy was betrokke in die hersiening en mederedigering van akademiese werke, waaronder die SOL se jongste boek, Academic Development and its Practitioners: A View from the Inside.  Hy is tans ʼn mederedakteur vir die International Journal for Academic Development (IJAD).


Wanner: 23 April 2024


Tyd: 12:45 tot 13:45 RSA tyd


​Waar:  MS Teams - 

Meeting ID: 355 372 101 046 
Passcode: F97UDv 



Meer inligting oor die Auxins is beskikbaar van Simbongile Ntwasa by sim@sun.ac.za.