Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meer as 50 SOAR-deelnemers voltooi hul akademiese reis met trots
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Anél Lewis)
Gepubliseer: 18/12/2023

Verlede week het 56 eerstegenerasiestudente oor verskeie fakulteite heen wat die Universiteit Stellenbosch (US) se SOAR-program deurloop het, hul akademiese reis voltooi toe hulle die podium by die Coetzenburg-sentrum bestyg het om hul grade met trots te ontvang. 

SOAR, wat ʼn akroniem is vir Strengths (sterkpunte), Opportunity (geleentheid), Agency (agentskap) en Resilience (veerkragtigheid), het begin as ʼn voorafverwelkomingsprogram vir studente wat die eerste van hul families is om ʼn universiteit of die US by te woon. Dit is ontwerp om eerstegenerasie-studente se selfvertroue ʼn hupstoot gee en vertroud te maak met die nuwe leef- en leeromgewing. 

Sonder die ingryping van ʼn program soos SOAR, is daar studente wat hul studies binne die eerste jaar sou opskop, Joy Petersen, SOAR-stigter enprogramleier.  

Baie van ons studente wat hierdie reis (met SOAR) begin het, was vir vierjaarprogramme geregistreer en ons is baie trots op hulle dat hulle hul grade binne die vereiste tyd behaal het. 

Falak Modi en Ayron Gallop is die eerste vroue-ingenieurs wat by die SOAR-program betrokke was en wat hul grade sal ontvang, Petersen. Modi het in meganiese ingenieurswese: megatronika gespesialiseer, terwyl Gallop siviele ingenieurswese gestudeer het. Albei begin volgende jaar hul loopbane in Gauteng. 

Katekani Khosa, Erin van der Westhuizen, Leverne Christiaansen, Salome Smith, Wildene Goliath en Matheko Khau is deel van die eerste kohort van die Baccalaureus in Verpleegkunde wat vir die eerste keer in 2019 aangebied is. 

SOAR-studente het ʼn sterk teenwoordigheid in die Fakulteit Opvoedkunde, waar Shahied Jantjies, Deboney Laban, Ainsley Wilson, Aneekah Cooksen, Caitlyn Miell, Courtney Nieweveldt, Logan Leonard, Rojee Ramjee en William Sezoe onder die B. Ed-studente is wat op Vrydag, 15 Desember, gegradueer het. Sezoe, wat in 2020 aan die SOAR-program deelgeneem het, was ondervoorsitter van die Studenteraad (VSR) vir 2023. “Ek is ontsettend dankbaar dat ek deel van die SOAR-familie kon wees. Hierdie program het my gehelp om die ruimte as ʼn eerstegenerasiestudent te navigeer op ʼn plek so groot, divers en gerespekteerd soos die US. Dit was deur dié program dat ek goeie vriende, mentors en nou kollegas ontmoet het, wat my gehelp het om my kop hoog te hou en vandeesweek die gradeplegtigheid te haal.” 

Sezoe het bygevoeg dat synde dit SOAR se hoofdoelwit is om studente te help om te gradueer, hy hoop dat meer studente in die toekoms geakkommodeer sal kan word, veral uit gemeenskappe waar daar andersins nie veel motivering is om verder te studeer nie. Hy erken dat hy amper tydens sy tweede jaar opgeskop het, toe hy gevoel het "hierdie ding is net nie vir my nie". Maar hy is bly dat hy iemand soos Joy Petersen gehad het, wat gesê het: 'Jy het te ver gekom om nou op te gee' “En hier is ons (by die gradeplegtigheid)." 

Sedert die herbekendstelling daarvan as ʼn program wat spesifiek op eerstegenerasiestudente van 2020 gerig was, het die SOAR-program ontwikkel in ʼn SOAR-netwerk met alumni wat nuwelinge vrywilliglik mentor om by die lewe op kampus aan te pas. Vanjaar het 42 studente aansoek gedoen om as mentors op te tree in dié program, wat jaarliks net voor die Eerstejaarsverwelkomingsprogram in Januarie plaasvind.  

FOTO: Die groep onderwysstudente wat op Vrydag 15 Desember gegradueer het saam met Joy Petersen, SOAR-stigter enprogramleier. ​