Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
OLA-Seminaar: Vaslegging van graduandi-eienskappe in rekeningkunde-onderrig
Outeur: Dr Karin Cattell-Holden
Gepubliseer: 12/09/2023

​U word uitgenooi na die volgende kwartaallikse OLA-seminaar (onderrig, leer en assessering) wat deur die Afdeling Leer- en Onderrigverryking aangebied word. Dit sal die laaste seminaar vir 2023 wees.


Spreker: Prof. Gretha Steenkamp (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) (US Onderriggenoot)

Onderwerp: Vaslegging van graduandi-eienskappe in rekeningkunde-onderrig

Datum: 19 Oktober 2023

Tyd: 13:00-14:00

Plek: Kamer 3008, Fakulteit Opvoedkunde (GG Cillié-gebou)

 

Dit is ʼn kontakseminaar, wat ook gestroom sal word. Om ʼn sitplek te bespreek, RSVP asseblief aan Roshnique Pharo: rdaniels@sun.ac.za of (021) 808 3717. Gebruik asseblief die volgende skakel om aanlyn by die seminaar aan te sluit: Klik hier om by die seminaar aan te sluit

 

Opsomming van seminaar

Daar word van rekenmeesters verwag om oor goed ontwikkelde nietegniese vaardighede te beskik (Tsiligiris en Bowyer, 2021). Nietegniese vaardighede, soos etiek, burgerskap, kritiese denkvermoë, kommunikasie en spanwerk, kan as graduandi-eienskappe beskou word en die ontwikkeling daarvan behoort by die kern- tegniese modules van ʼn akademiese program geïntegreer te wees (Barrie, 2007; Miller en Willows, 2023; Terblanche en De Clercq, 2021). Die seminaar sal fokus op ʼn gevallestudie by die Skool vir Rekeningkunde, waar programvernuwing onderneem is om die ontwikkeling van die GR2021 graduandi-eienskappe in die akademiese program vas te lê. Verskeie innovasies sal bespreek word, waaronder ʼn kritiese denke-blok in die eerste jaar, ʼn werksessie oor relasionele en besluitnemingsvernuf, die ontwikkeling van burgerskapswaardes deur die opskerp van vaardighede in maatskaplike innovasie, die aanwending van gemengde aktiewe leer, en ʼn studenteportefeulje met bewyse van die graduandi-eienskappe om refleksie te fasiliteer. Die gevallestudie lewer bewys van hoe graduandi-eienskappe in die kern- tegniese modules van ʼn akademiese program vasgelê kan word, en kan vir opvoeders op ander vakgebiede van nut wees.

 

Biografie van spreker

Gretha is ʼn medeprofessor en die adjunk-direkteur vir Sosiale Impak en Transformasie by die Skool vir Rekeningkunde. Sy is ʼn US Onderriggenoot en die projekleier vir die implementering van die GR2021-bevoegdheidsraamwerk, wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) uitgereik is, by die Skool vir Rekeningkunde. Haar navorsingsbelangstellings sluit rekeningkunde-onderrig en korporatiewe bestuursbeheer in.

 

Verwysings

  • Simon C. Barrie (2007) A conceptual framework for the teaching and learning of generic graduate attributes. Studies in Higher Education, 32:4, 439-458, DOI: 10.1080/03075070701476100
  • Taryn Miller en Gizelle Demarie Willows (2023) Preparing accounting students to be responsible leaders. Accounting Education. DOI: 10.1080/09639284.2023.2228291
  • E.A.J. Terblanche en B. De Clercq (2021) A critical thinking competency framework for accounting students. Accounting Education, 30:4, 325-354, DOI: 10.1080/09639284.2021.1913614
  • Vangelis Tsiligiris en Dorothea Bowyer (2021) Exploring the impact of 4IR on skills and personal qualities for future accountants: a proposed conceptual framework for university accounting education. Accounting Education, 30:6, 621-649, DOI: 10.1080/09639284.2021.1938616​