Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US voer die botoon in die SA Tersiêre Wiskunde Olimpiade
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 28/08/2023

​Die Universiteit Stellenbosch het die botoon gevoer tydens die afgelope Suid-Afrikaanse Tersiêre Wiskunde Olimpiade, met ses US studente op die ranglys van die top 12.

Bykans 300 studente van 17 universiteite het deelgeneem, met 'n gemiddelde punt van 3.7 uit 20 (18.5%). Om die ranglys te behaal, moes 'n student ten minste 12 uit 20 punte behaal het.

Benjamin Kleyn, 'n eerstejaarstudent in wiskundige wetenskappe by die US, het die algehele tweede plek behaal met 'n punt van 16 uit 20, gevolg deur Kerry Porrill, Andrew Williams, Danielle Kleyn, Karlo Grobbelaar en Jean Weight.

Op die universiteitsranglys was die US nommer een, gevolg deur die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Pretoria, ADA Universiteit in Aserbaijan, en die Universiteit van Zululand.

Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, het die student gelukgewens met hierdie uitsonderlike prestasie, en Dr Liam Baker van die Wiskunde-afdeling bedank vir sy leiding.

Op die foto, van links na regs, Danielle Kleyn, Benjamin Kleyn, Dr Liam Baker, Jean Weight, Andrew Williams en Kerry Porrill. Karlo Grobbelaar was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Wiida Basson