Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Publiseer jou navorsing: advies vanaf 'n wetenskapsredakteur
Begin: 04/12/2023, 10:00
Einde: 04/12/2023, 11:00
Kontak:Prof Resia Pretorius -
Plek: A201, JC Smuts Building

​As deel van haar besoek aan die US se Departement Fisiologiese Wetenskappe, sal dr Cherilyn M. Sirois, wetenskapsredakteur by die vaktydskrif Cell, 'n praatjie gee met die title “Publishing your work: insider advice from a scientific editor".

Meer oor die spreker

Cheri Sirois is tans 'n wetenskapsredakteur by die vaktydskrif Cell. Sy het haar loopbaan begin as 'n laboratorium navorsingswetenskaplike. Sy behaal 'n PhD in Biomediese Wetenskappe van die Universiteit van Massachusetts se Mediese Skool in die Verenigde State van Amerika verwerf, en voltooi haar postdoktorale werk by die Sentrums vir Terapeutiese Innovasie by Pfizer in Boston. Met 'n voorliefde vir die onderwys, het sy gedoseer in immunologie en mikrobiologie by die Universidad de Las Americas in Quito, Ecuador, en by die Springfield Kollege in Massachusetts in die VSA, voordat sy in 2018 by die redaksionele personeel van Cell Press aangesluit het. Sy is tans woonagtig te Cambridge, Massachusetts, VSA.