Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hallusinogene in die behandeling van geestesgesondheid
Begin: 11/10/2022, 18:30
Einde: 11/10/2022, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: US Museum vierkant, Van Ryneveld Straat

Hallusinogene middels, veral dié wat van plante afkomstig is, word al vir duisende jare in inheemse kulture gebruik as deel van sosiale en godsdienstige rituele. Dave Pepler gesels vandag met die kliniese sielkundige, Louis Awerbuck, en Dr Heinz Mödler, narkotiseur en skrywer van En daar was dagga: ’n Biografie.

Die Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies te voer in ’n taal wat almal kan verstaan.  Volg ons op Facebook of stuur 'n epos aan science@sun.ac.za om op hoogte te bly.