Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Konferensie vir Ervaringgerigte Opvoeding (SUEEC) 2020
Begin: 10/11/2020, 12:30
Einde: 11/11/2020, 18:45
Kontak:Ruth Andrews - (021) 808 4585
Plek: Virtual Experience | www.sueec.com

Universiteit Stellenbosch Konferensie vir Ervaringgerigte Opvoeding (SUEEC) 2020


Ervaringgerigte opvoeding as pedagogie vir maatskaplike geregtigheid: gebruik en praktyk vir die vorming van 21ste-eeuse globale burger-leiers.

10-11 November 2020 | Virtuele Ervaring

Elke tydvak bied bepalende oomblikke aan die mensdom. Sommige oomblikke is betekenisvoller as ander, wanneer die stadige pas van verandering versnel word, en die maatskaplike metronoom aan skerwe spat saam met die fasades wat ons gesamentlike bewustheid gedemp het. Vir ewig sal 2020 as só ʼn jaar onthou word.

Op hierdie historiese tydstip van globale ontwrigting sal die virtuele ervaring om SUEEC by te woon, mense met mekaar verbind: wêreldwye denkleiers, kundiges oor maatskaplike geregtigheid, akademici, vakkenners oor die ervaringgerigte opvoeding, kennisskeppers en navorsers op die gebied van ervaringgerigte opvoeding en maatskaplike geregtigheid in die hoëronderwyssektor.

SUEEC nooi jou uit om deel te wees van hierdie ontluikende globale diskoers, waar ons die moontlikhede van ervaringgerigte opvoeding as ʼn pedagogie vir maatskaplike geregtigheid sal ondersoek om verandering te bewerkstellig in ʼn tyd van onsekerheid en kompleksiteit.

Kom sluit by ons aan op 10 en 11 November 2020 deur deel te neem aan en by te dra tot een of meer van die volgende SUEEC-geleenthede:

  1. Buitengewone hoofsprekers: Hê interaksie met wêreldbekende denkleiers op die gebied van ervaringgerigte opvoeding en maatskaplike geregtigheid:
    • Alice Kolb President en HUB, Experience-based Learning Systems, Inc.
    • Thuli Madonsela Leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid, Regstrustleerstoel in Maatskaplike Geregtigheid, Universiteit Stellenbosch
    • Mustafa Erdogan President, DeM Experiential Training Centre – Istanbul, Turkye
    • Choice Makhetha Senior Direkteur: Afdeling Studentesake, Universiteit Stellenbosch
    • Jonathan Jansen Uitgelese professor in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch
    • Hester Klopper Viserektor en Adjunk-visekanselier, Strategie en Internasionalisering, Universiteit Stellenbosch
    • George Kuh Kanseliersemeritusprofessor in hoër onderwys, Indiana Universiteit
    • Arnold Schoonwinkel Viserektor en Adjunk-visekanselier, Onderrig en Leer, Universiteit Stellenbosch
  2. Meestersklasse: Versterk jou vaardighede en vermoëns om transformerende ervaringgerigte leergeleenthede te ontwerp.

  3. Voorbeeldvertoonvenster: Deel ʼn mini-dokumentêre film van drie minute oor ervaringgerigte opvoeding by jou universiteit of organisasie en dra by tot die voorbeeldvertoonvenster van beste praktyk oor die wêreld heen.

  4. WOW (Blik op die wêreld/Window On the World): Skakel in by ʼn genetwerkte vennootskapsessie en deel ʼn tweeminuutblik op jou wêreld, vertel die ervaringgerigte opvoeders van die wêreld ʼn bietjie van jouself, jou rol, jou instansie en hoekom jou werk vir jou belangrik is.

  5. Kongresaanbieding: Skryf en doen ʼn virtuele aanbieding oor een van die volgende vyf kongresbane: Uitgesoekte aanbiedings sal in ʼn e-tydskrif ná die kongres gepubliseer word.
  • Ervaringgerigte opvoeding en studentetransformasie
  • Ontluikende raamwerke vir maatskaplike geregtigheid in hoër onderwys
  • Globale burger-leierskap
  • Internasionalisering in hoër onderwys
  • Navorsing en innovasie in ervaringgerigte opvoeding

Ons sal binnekort meer inligting oor die hoofsprekers en die meestersklassprekers in ons nuusbrief deel.

Sluit by ons, as ʼn SUEEC-kollektief, aan om tot ʼn institusionele, nasionale en globale visie by te dra deur weë vir transformerende onderrig en leer te baan en te vorm deur nou by www.sueec.com te registreer.