Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryf vlymskerp sakeverslae
Begin: 01/08/2024, 10:00
Einde: 10/10/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.

Waarop fokus hierdie kursus?

Hierdie aanlyn kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, sal jou met die vaardigheid toerus om moderne sakeverslae te skryf. Jy sal die hoofdoel van ʼn verslag kan identifiseer; met ʼn stap-vir-stap-benadering sal jy jou inhoud strategies kan beplan en uiteensit; en jy sal die kundigheid hê om logiese dokumente te skep. Die kursus sal jou help om:

  • verskillende tipes verslae te verstaan en te besluit watter tipe jou doel die beste sal dien
  • jou verslag en die verslagskryfproses te beplan
  • inligting te kies en te orden
  • formatering, selfrevisie en redigering tot voordeel van jou verslag te gebruik.

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Indien jy gereeld oor sakebedrywighede moet rapporteer of sakeverslae moet saamstel en aanbied, is hierdie kursus vir jou! Hierdie is nie ʼn intreevlakkursus nie en ervaring in verslagskryf word sterk aanbeveel.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar en betroubare web soekenjin benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Ons kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie aanlyn kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

 Regstreekse aanlyn sessies

(10:00 tot 12:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
Kursus 1:22, 29 Augustus, 5, 12, 19 en 26 September​1 Augustus tot 10 Oktober 1 Augustus

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

  • twee uur per week op ʼn regstreekse aanlyn sessie
  • ongeveer ses uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R6 450 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. ​Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.​

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​​