Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Militêre Akademie se Trans Enduro-uithouren skop af

Die Militêre Akademie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in Saldanha waar die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Krygskunde gesetel is, se jaarlikse Trans Enduro-uithouren – 'n tog per land en see van Gqeberha na Saldanha – spring eersdaags weg.

Studente van die Militêre Akademie beplan, finansier en neem al vir meer as 30 jaar aan die Trans Enduro deel.

Die uithouren word gehou om om geld in te samel vir die Militêre Akademie se MASIZA-gemeenskapsprogram, terwyl die studente ook langs die pad by projekte vir sosiale impak soos die skoonmaak van strate en woonbuurtes, die verf van skoolgeboue en besoeke aan tehuise vir bejaardes betrokke is.   

Die MASIZA-program fokus vanjaar op bejaardes en vroeë kinderontwikkeling.

“Die hele oefening word beplan en uitgevoer deur die Akademie se studente. Dit ontwikkel hulle leierskapsvaardighede en verbreed hulle hul begrip van die praktiese aspekte van gemeenskapsdiens. In ruil, leer die gemeenskap die hoë kaliber van jong manne en vroue ken wat vir die land se verdediging verantwoordelik is," sê lt.kol Morné Booÿjens, Hoof Militêre Instrukteur aan die Militêre Akademie en mentor vir die deelnemers.

Nege spanne, waaronder 'n land-, draf-, fietsry-, media-, sein- en seespan, reis oor 'n tydperk van tien dae van die Oos-Kaap na Saldanha en bly oor in dorpe al langs die roete.

Terwyl die fietsryspan 'n afstand per fiets aflê (100 km), reis die seespan al langs die kus met twee rubberbote en die landspan met voertuie van dorp na dorp om geld in te samel, terwyl die logistieke span gereed te maak vir die ander spanne se aankoms. Die drafspan lê elke dag 'n afstand van 10 km af. By sekere punte ruil die spanne om.

Dit is ook tradisie dat die burgemeester van elke dorp 'n kort brief van welwillendheid aan die burgemeester van die volgende dorp skryf. Die brief word aan die wedrenleier gegee, wat dit dan aan die burgemeester van die volgende dorp oorhandig.

'n Kort openingseremonie wat gereël word in samewerking met die munisipaliteite waar aangedoen word, vind elke oggend plaas. Dié seremonies vind vanjaar by die volgende plekke plaas: 

 

DatumMunisipaliteit Plek van openingAanvangs-tyd  
Vr 25 Nov 22Nelson Mandela Bay (Gqeberha)Shark Pier 07:30
Sa 26 Nov 22Kouga (Jeffrey's Bay)Dolfynstrand; Diazweg07:30
Ma 28 Nov 22Bitou (Plettenbergbaai)Sentrale Strand; Hopewoodweg07:30
Di 29 Nov 22GeorgeGarden Route-sentrum; Knysnaweg07:30
Wo 30 Nov 22Hessequa (Stilbaai) Stilbaai-hawe; Hoofweg07:30
Do 1 Des 22Kaap Agulhas (Struisbaai)Struisbaai-hawe; Haweweg07:30
Vr 2 Des 22Overstrand (Hermanus)Nuwe hawe07:30
Sa 3 Des 22

Stad Kaapstad

(Bloubergstrand)

Bloubergstrand07:30

Aankoms

Sa 4 Des 21

SaldanhabaaiHoedjiesbaai-strand14:00

 

MEER OOR OPERASIE TRANS ENDURO

Oefening Trans Enduro strek terug as 1982 toe 'n groep jong offisiere beplan het om ná afloop van hul eksamen op 'n avontuurtog te vertrek. Die militêre studente het die kommandant omgepraat om hulle toe te laat om 'n tien dae lange uithouren van Port Elizabeth na Saldanha in twee rubberbote te onderneem.

Hierdie aanvanklike poging het die afgelope meer as 30 jaar tot 'n grootskaalse operasie ontwikkel.

Die jong offisiere word in nege spanne verdeel, waarvan drie uithouspanne is. Dié drie spanne is die fietsryspan (50 km elke dag), see (tussen 20 en 50 seemyle elke dag, afhangende van die seetoestande) en hardloopspan (10 km elke dag). Die ander spanne maak deel uit van MASIZA en is vir gemeenskapsdiens langs die roete verantwoordelik.

Die verskillende spanne is die landspan (verantwoordelik vir geldinsameling), mediaspan (verantwoordelik vir bemarking en kommunikasie), seinspan (verantwoordelik vir kommunikasie tussen die spanne), logistieke span (verantwoordelik vir die logistieke reëlings van die oefening) en dan is daar die 'Kaaswors'-span wat vir die innerlike versterkings en ontspanning verantwoordelik is.