Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Openbare vakansiedag: akademiese reëlings (1 November 2021)

​Dit is onlangs aangekondig dat 1 November 2021 ’n openbare vakansiedag sal wees om die komende verkiesing te fasiliteer. Daar sal derhalwe geen klasse op 1 November 2021 wees nie. Na deeglike ondersoek het dit duidelik geword dat die akademiese dag wat ons verloor, nie in die akademiese kalender opgemaak kan word nie. Enige toetse en/of praktika wat departemente vir 1 November geskeduleer het, moet deur departemente self geherskeduleer/opgemaak word en aan die betrokke studente en ander belanghebbers gekommunikeer word.