Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meestersklas: – Departement Bedryfsielkunde
Begin: 14/08/2025, 17:30
Einde: 14/08/2025, 18:30
Kontak:Aamirah Sonday -
Plek: Van der Sterr buiding, Room 1046
  • Onderwerp: Die transformasie van ʹn hele stad: kritiese leiers en kernvaardighede
  • Datum: 14 Augustus 2025
  • Tyd: 17:30 – 18:30 en ligte verversings daarna
  • Plek: Van der Sterrgebou, Lokaal 1046

Wat jy sal leer:

Die meestersklas sal die agenda bepaal vir die ontwikkeling van ʹn stedelike transformasie-leierskapsraamwerk. Met behulp van die samevattings van vyf meestersgraadtesisse in Bedryfsielkunde sal daar op belangrike leierskapsrolle (direkteure, skoolhoofde, entrepreneurs, stedelike burgemeesters en boere) en hul bevoegdhede gefokus word. Daar sal ondersoek ingestel word na die verband tussen hierdie (en ander belangrike leierskapsrolle) en strategiese stedelike uitkomste wat noodsaaklik is vir volhoubare ontwikkeling. Deelnemers sal meer oor ʹn geïntegreerde benadering tot leierskapsontwikkeling leer en hoe sterker vennootskappe tussen verskeie (openbare, private en gemeenskaps-)belanghebbers sosio-ekonomiese ontwikkeling deur stedelike transformasie kan bevorder.

Inligting oor die spreker:

Prof Tertius de Wet is ʹn bedryfsielkundige en senior lektor aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is die programleier van die meestersgraadprogram en onderrig navorsingsmetodologie, asook organisatoriese ontwikkeling en veranderingsbestuur. Heelwat van sy navorsing is gerig op bevoegdheidsmodellering van belangrike gemeenskapsrolle. Voor sy akademiese loopbaan het hy in die korporatiewe sektor gewerk en ʹn navorsingskonsultasie-onderneming bestuur wat op menslikehulpbronontwikkeling fokus, met spesialisasie in assessering en bevoegdheidsmodellering. Gedurende dié tyd het hy grootskaalse projekte vir verskeie korporatiewe kliënte bestuur. Sy doelwit is om organisasies te bemagtig om doeltreffende en billike besluite te neem wat ʹn bydrae tot volhoubaarheid maak.

Antwoord asb. teen 11 Augustus 2025 deur op hierdie skakel te klik: https://forms.office.com/r/abHDpp1GZi