Die Universiteit Stellenbosch het in 2023 toegang verkry tot SciVal en dié databasis word sedertdien produktief gebruik vir navorsingsevaluering van die Universiteit as 'n geheel, van departementele groepe en individue. Die Biblioteek-en Inligtingsdiens bied die volgende opleiding aan in Junie om navorsingsadministrateurs en navorsers se vaardighede in die evaluering van hul navorsing te bevorder. Beide die opleidingsessies word aanlyn aangebied.
Inleiding tot SciVal vir navorsingsevaluering
Donderdag 20 Junie, 11:00-12:30, aangebied deur Marié Roux
'n Oorsig van SciVal sal aangebied word en die volgende insluit:
- Die onderliggende data van SciVal
- 'n Oorsig van die verskillende modules en entiteite
- 'n Oorsig van al die verskillende metings en verslae vir individue
- Pasgemaakte templaat vir 'n navorser by Universiteit Stellenbosch
- Die meet van bydraes tot die doelwitte vir volhoubare ontwikkeling
- Vergelyk jou impak met kollegas intern en ekstern
Bespreek hier
Inleiding tot SciVal se nuwe onderwerpsgroepe
Dinsdag 25 Junie, aangebied deur Elsevier
Hierdie is 'n webinaar wat wêreldwyd aangebied word deur Elsevier oor Onderwerpsgroepe. 'n Onderwerpsgroep in SciVal is 'n versameling publikasies met 'n gemeenskaplike intellektuele belangstelling, soos dit deur middel van sitasiepatrone vasgestel word. Dit word gewoonlik gebruik om strategiese beplanning te bevorder met 'n portfolio analise om te sien in watter navorsingsonderwerpe jy en jou eweknieë die meeste publiseer en wie die belangrike outeurs in die veld is. In hierdie webinaar sal Elsevier aandui wat die voordele van die gebruik van onderwerpsgroepe is en enige vrae beantwoord oor die onderwerp.
Daar is twee sessies om van te kies in verskillende tydgleuwe: