Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nobel Simposia Openbare Lesing: SU Kanselier se Openbare Lesing en Ontvangs
Begin: 25/10/2023, 18:00
Einde: 25/10/2023, 20:00
Kontak:Wiida Basson -
Plek: Conference Room 3010, Jan Mouton Learning Centre, Stellenbosch University

​Die Universiteit Stellenbosch, in samewerking met die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS), nooi u vriendelik uit na 'n Openbare Lesing deur Dr. Clifton E. Barry III as deel van die Nobel Simposium in 'Chemie oor Tuberkulose en antibiotiese weerstandigheid". Dr Barry is die hoof van die Tuberkulose Navorsingsafdeling in die Laboratorium van Kliniese Aansteeklike Siektes by die Nasionale Instituut vir Kliniese Aansteeklike Siektes (NIAID) in die VSA. Dit is die twee keer dat die Nobel Simposium aktiwiteite in Afrika aangebied word.

Sluit na die tyd by ons aan vir ligte verversings. RSVP by https://forms.office.com/r/6vTUkQ8cqS

Meer oor die lesing: 'n Chemikus se blik op die toekoms van tuberkulose chemoterapie

Standaard tuberkulose chemoterapie duur heeltemal te lank om die doelwitte te bereik wat onlangs tydens die tweede Verenigde Nasies se Algemene Vergadering se hoëvlakvergadering oor tuberkulose uitgespreek is. Om 'n korter duur van behandeling te bereik, vereis ongekende innovasie oor verskeie dissiplines en 'n baie meer gedetailleerde begrip van menslike kliniese siektes. In hierdie lesing sal ek studies beskryf wat ons in die Wes-Kaap en China onderneem het om 'n basis te bied vir die begrip van die patofisiologie van menslike siektes en om kombinasieterapieë vinniger te identifiseer wat tot beduidende behandelingsverkorting sal lei. Beide preklinies en klinies is ons in die middel van 'n "Goue Eeu" van tuberkulose-navorsing wat, indien suksesvol, ons in staat kan stel om ons gedeelde doelwitte om tuberkulose teen 2030 te beëindig, te bereik.

Meer oor die spreker

Dr. Clifton E. Barry III het sy PhD in organiese en bio-organiese chemie in 1989 van Cornell Universiteit ontvang, waar hy die biosintese van komplekse natuurlike produkte bestudeer het. Na afloop van nadoktorale navorsing in die chemie department by Johns Hopkins Universiteit (1989 tot 1992), het dr. Barry aangesluit by die 'Intramural Research Program' van die Nasionale Instituut vir Allergie en Aansteeklike Siektes (NIAID) by die Rocky Mountain Laboratories in Hamilton, Montana. In 1998 is hy aangestel as hoof van die Tuberkulose Navorsingsafdeling (TRS) in die Laboratorium van Kliniese Aansteeklike Siektes in die NIAID.

Die TRS is 'n multidissiplinêre groep van navorsingswetenskaplikes bestaande uit bioloë, chemici en klinici met 'n gemeenskaplike fokus op Tuberkulose (TB). TRS projekte fokus daarop om die wetenskaplike kwessies te verstaan om die ontwikkeling van middels te fasiliteer wat 'n wesentlike verskil sal maak in die behandeling van TB pasiënte wêreldwyd. In hierdie strewe werk TRS wetenskaplikes saam met ander navorsings regoor die wêreld. Dit het tot gevolg dat die TRS navorsingsgroep onlangs deur Thomas Reuters aangewys is die groep wat die meeste aangehaal word. Dr Barry het meer as 300 artikels in die wetenskaplike literatuur gepubliseer. In samewerking met wetenskaplikes by PathoGenesis in Seattle, het die TRS groep 'n sleutelrol gespeel in die prekliniese ontwikkelingsprogram wat gelei het tot PA-824 (Pretomanid, onlangs goedgekeur vir die behandeling van middelweerstandige TB). TRS wetenskaplikes het ook die Fase 2 kliniese proef gekonseptualiseer en uitgevoer om die nut van die gebruik van linezolid te illustreer vir pasiënte wat ly aan omvattende middelweerstandige Tuberkulose, en wat nou deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) aanbeveel word.

Benewens TRS laboratoriums in Bethesda, werk TRS ook ten nouste saam met kollegas by die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Kaapstad (UK) in Suid-Afrika. Dr. Barry het buitengewone aanstellings by beide die US en UK en het 'n laboratorium in die Instituut vir Aansteeklike Siektes and Molekulêre Medisyne by UK.